Nasa se nuwe tuig is op Mars

Nasa se InSight-robottuig het dié foto van homself en die Marslandskap geneem met die kamera wat op sy arm gemonteer is. Insight is Nasa se soveelste tuig op dié planeet en die volgende een is Mars2020 wat aktief na bewyse van lewe sal soek. Foto: Nasa/JPL

Die jongste robottuig, InSight, het dié week op Mars geland en sy sonpanele is suksesvol ontplooi, maar daar is amper vergeet van nóg ʼn sukses van die sending.

Twee nanosatelliete, so groot soos aktetasse, is saam met die tuig die ruimte ingestuur, om te sien of dit moontlik is dat hulle vir so lank diep in die ruimte kan oorleef. Die twee is “Eve” en “Wall-E” gedoop, na die robotte in die film Wall-E.

Binne agt minute nadat InSight op Mars geland het, het die twee nanosatelliete inligting teruggestuur. Dit is ook die tyd wat radioseine neem om tussen die aarde en Mars te reis, het Nasa in ʼn verklaring gesê.

Dit was baie vinniger as om vir die ander tuie wat om Mars wentel, te wag, omdat hulle nie in die regte posisie was om die hele landing waar te neem en dadelik boodskappe terug te stuur nie.

Nasa se Odyssey-wenteltuig het die eerste boodskappe van InSight na die aarde gestuur. Dit was om te bevestig dat sy sonpanele – wat elk 2,2 meter wyd is – ontplooi is, sodat hy elke dag sy batterye kan laai. Die son is flouer daar omdat dit verder van die son af is.

ʼn Kunstenaarsvoorstelling van hoe InSight – so groot soos ʼn groot motor – met sy sonpanele en instrumente ontplooi, op Mars lyk. Voorstelling: Nasa/JLP

InSight het nie baie krag nodig nie – net 600 tot 700 watts per dag – om sy eksperimente te doen. Binne die komende dae sal foto’s geneem word van die omgewing sodat kenners kan besluit waar die beste plek is om die wetenskaplike instrumente neer te sit. Dit sal twee tot drie maande neem voordat die instrumente ten volle ontplooi is en data terugstuur, volgens Nasa se mediapakket.

Intussen sal sensors op die tuig lesings van die magneetveld en die weer neem. Die doel van dié sending is om die hart van die planeet te ondersoek – sy binnekant. Wat is sy polsslag (seismologie) en temperatuur. Die instrumente sal onder die oppervlak boor om die vingerafdrukke van hoe die planeet gevorm het, te ontdek.

Dit sal dus nie soos van die ander tuie rondry nie, maar vir twee jaar of langer op een plek, die Elysium Planitia, bly.

In Julie of Augustus 2020 sal Nasa nog ʼn tuig, Mars2020, die mees gesofistikeerde tuig nog, stuur. Sy eerste doelwit is om te soek na tekens van oerlewe op die planeet, en of daar dalk steeds mikrobiese lewe is. Die tweede is om die klimaat te karteer en die derde om die geologie van die planeet te bepaal.

  • Elsabé Brits is ʼn vryskut-wetenskapjoernalis.

Dit is die eerste foto wat Nasa se InSight-robottuig geneem het kort nadat dit geland het. Die kamera se deursigtige lensbedekking om dit teen stof van die landing te beskerm, was nog op toe foto geneem is. Dit is die enigste twee foto’s wat nog na die aarde teruggestuur is. Foto: Nasa/JPL

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

DeVill ·

“State of the art” tegnologie wat die mens instaat stel om ‘n ruimtetuig oor ‘n afstand van 54 miljoen Km suksesvol op Mars te laat land.

Maar dit is die beste fotos wat hulle kon neem? Verbysterend!

Robert ·

DeVill: die foto is geneem voordat die lens bedekking verwyder is. Die kolletjies is heelwaarskynlik stof wat tydens die landing op die bedekking gaan vas sit het. Die volgende fotos behoort meer dduidelik te wess.

devill ·

Ek verstaan dat die lens se beskerming nog op was, maar dit is veral die tweede foto, waar die tuig klaar geland het wat my laat wonder.

Die tuig is so 5 maande terug gestuur, maar dit het nie eers ‘n hommeltuig op nie.

Ek kan net nie verstaan dat hierdie stuk instrument redelik “maklik” 54 milj KM ver geland kan word maar dat daar tot nou toe nog nie ordentlike fotos geneem is nie.

Al die fotos wat gewys word is kunstenaar voorstellings?
Die wat nie geteken is nie is of nog met ‘n stofbedekking bedek of een of ander foto wat net sovel in die Karoo kon geen word!

Lekker Akkedis ·

Jislaaik he? Waaraan gaan die witmense volgende dink?

Anoniem ·

Nasa ! Geluk, gee Julleself ‘n klop op die skouer ?? Moderne tegnologie is baie GOED ? Sterkte vir 2020

benaYaHU ·

Selah
Met vele en diepe navorsing sal hierdie leuen nie so maklik geglo word! Waarom? “sterre” en “planete” is verseker nie dit wat aan die publiek voorgehou word, en die realiteit is ver verwyderd en strek VEEL weier as die aanvaarde norm.
(en nou sal ek seker moet lees van al die teleskope, asook professionele en amateur sterrekundiges)
Die meerderheid wetenskaplike beginsels (en reputasies) is geskoei op .. teorieë! Hierdie teorieë word byna daagliks aangepas om weer oor ‘n tyd ‘aangepas’ te word, en eintlik verstaan die ‘wyse’ manne nie naastenby soveel as wat voorgehou word.
Wat elkeen glo is egter natuurlik sy/haar eie saak, en op eie risiko natuurlik!
Shalom!

Timon ·

Hulle is vuurvliegies. Vuurvlieë wat, uh … wat vasgevang is op daardie groot blou-swart ding.

Magaretha van heerden ·

Ek wil nie almal se bubble bars nie maar deesdae kan jy niks glo wat jy sien nie. Die kan dalk net n “gestage-de ” prent wees. Alles is deesdae fake insluitende die nuus. So netjies, geen skade, geen merkie, geen vuilgoed op nie. Mooi blink gevryf vir die foto. Skadu en al.

Ian ·

Ja Magaretha, met ‘n kunstenaarsvoorstelling, soos dit onderaan se, kan mens dit inderdaad netjies laat lyk. Wonderlik tog, die tegnologie. ‘n Reuse sprong egter, vir die wat nie kan lees nie…

Robert ·

@ Magaretha: gelukkig is dit net jy met so ‘n uitkyk. Jy glo ook seker nie die maan is in 1969 besoek nie?

DVL ·

@Magaretha dit is actually ‘n gestagede prent. Lees die onderskrif dis n’ kunstenaarsvoorstelling maw getekende of CGI prent van hoe die Insight sou lyk op Mars. Dalk moes hulle maar paar stoffies en korreltjies bygesit het vir mense wat nie kan lees nie.

Briljant ·

Well done NASA. Tegnologie is besig om teen ‘n verbysterende spoed te ontwikkel. Te vinnig vir sommige mense om enigsins te begryp, te verstaan of te verwerk. Die 4de industriële tegnologie revolusie is reeds hier. Dit gaan sommiges at steeds in grotte woon net verder irrelvant maak in hul daaglikse leefwêreld.

Briljant ·

Well done NASA.

Magaretha ek twyfel of jy enige leser se bubble gebars het.

Magaretha van heerden ·

Stem saam swak voorstelling deur die kunstenaar. Waar is die werklike fotos? Het my bedenkinge oor die maanlanding. Terloops niks fout met my lees vermoe nie Ek skat elkeen kan dink wat hy wil!

benaYaHU ·

@Margaretha
Presies! Daar is ALTYD die een of ander ‘deurbraak’ deur NASA, meestal met s.g. kunstenaarsvoorstelling, terwyl daar altyd ‘n gebrek aan hoë kwaliteit foto’s blyk te wees.
T.o.v. die s’g. ‘maanlanding’ is daar diegene wat skynbaar altyd gereed staan met ‘n antwoord in lyn met die NASA-weergawe, en dan enigiemand wat dit durf waag om daardie verhaal te betwyfel, uitkryt as ‘samesweringsteoretici’ (ironies genoeg ‘n term geformuleer deur een van die VSA ‘alfabet’ agentskappe).
Die feit bly staan daar is genoegsame twyfel, al probeer die ‘wyse’ teoretikuste baie hard om die meerderheid deur slim woorde en hogere skrywes tot stilswye te bring.
Dit terwyl hul steeds nie eens die s.g. grafitasieteorie behoorlik kan verklaar – en alle implikasie van ‘n Elektriese heelal (Plasma Kosmologie) teenstaan.
Terloops, vir diegene wat sou belang stel (met ‘n oop gemoed en leerbare houding natuurlik) om dieper ondersoek in te stel rakende die baanbrekerswerk van Nikola Tesla, ‘n ware genie, sal dit duidelik raak waarom Albert Einstein en sy ‘spesiale-relatiwiteitsteorie’ ‘n groot klugspul is.
Shalom!

D Trump ·

Magaretha ek het sopas vir NASA ‘n e-pos gestuur om nog ‘n robottuig Mars toe te stuur om ‘n foto van InSight te neem.

Michael Bouwer ·

benaYaHU, wat van general relativity, of het jy vergeet daarvan?
Word special relativity se theory nie hier gebruik om sendings tussen Mars en die aarde moontlik te maak nie, i.e length contraction nie?

Die verskil is daar is baie min mense wat egter die ” ‘wyse’ teoretikuste” se werk verstaan en sin volle bydrae kan lewer daaroor, vir die meeste is dit obviously te moeilik om te verstaan en dus makliker om hulle belaglike geloof ( want dit is wat dit is vir my, n geloof – jy glo in opinies waneer daar niks feite is nie) uit te leef.

Asseblief, as jy n behoorlike wetenskap kennis het, nie net n oppervlakkige een nie, stel ek belang om jou opinie te hoor.

Dirk Breytenbach ·

Algemene kennis vraag: Watter afdeling van NASA was verantwoordelik vir die sending/landing en wie staan aan die hoof daarvan?

Jade ·

Ignorance is bliss. Reg? Devill, Magaretha, doen bietjie behoorlik navorsing oor wat NASA al waar geland het. Voordat julle op die fake news bandwagon spring.

Jade ·

Gaan kyk asseblief tog op NASA se webblad na foto’s wat deur ander tuie van Mars geneem is. Daar was al baie sendings. Nie net deur die VSA nie. Deur Rusland, China, Japan en Europese vennote ook. Stupid mense sal dalk nog om die bos gelei kan word. Maar nie intelligente mense nie. En gelukkig is daar heelwat van laasgenoemde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.