New Horizons se volgende bestemming bepaal

New Horizons Foto: solarviews.com

New Horizons Foto: solarviews.com

Na sy verbyvlug by Pluto en sy mane na ’n reis van sowat 5 miljard kilometer, is New Horizons se volgende bestemming nou bepaal. Dié hemelligaam, sowat 30 kilometer in deursnee, is sowat 1,6 miljard kilometer anderkant Pluto, en staan bekend as 2014 MU69.

Die New Horizons-span moet egter nou eers ’n voorlegging aan Nasa doen om die tuig se werkende leeftyd te verleng. Dit sal waarskynlik eers aanstaande jaar geskied, maar intussen moet daar vanjaar reeds twee koersaanpassings aan New Horizons se vlug gedoen word om die nuwe bestemming in 2019 koste-effektief te kan bereik.

Intussen sal dit New Horizons nog sowat 16 maande neem om al die data van sy opnames van Pluto en sy mane na die aarde terug te stuur.
Bron: Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

humor ·

Ja, ons gaan baie kennis bekom, maar wat gaan dit ons baat? Hoe gaan hierdie aardbol daarby baat?

Johan 2 ·

Kennis kan nogal op snaakse maniere nuttig raak hoor. Dit is soos die draadjie wat gespin is in n magneetvelt, almal het dieselfde gesê wat jy nou sê (en selfs die wetenskaplikke se fonse gesny!) min wetend dat dit die eerste elektroniese motor was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.