Met die verwagte lansering van die Electron-vuurpyl van sy lanseergeriewe op Nieu-Seeland se Noord-Eiland, sal die land van die silwer varing kommersiële ruimtevaart betree.
Die Amerikaanse maatskappy Rocket Lab hoop om binnekort 120 vragte per jaar te lanseer. Dit is veel meer as die VSA wat sowat 25 vragte per jaar lanseer.
Die maatskappy wil in nanno-satelliete en ligte vragte spesialiseer. Die Electron is 20 meter hoog en in plaas van die gebruikmaking van herwinbare onderdele, maak dit van 3D- gedrukte onderdele gebruik.
Die eerste lansering kan enige tyd vandag tot die einde van die venster van tien dae plaasvind, afhangende van die weer.
Dit sal nie die eerste lansering van ’n vuurpyl na die ruimte vanuit die Suidelike Halfrond wees nie. Verskeie lanserings is reeds van Woomera in Suid-Australië gedoen.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Dit is inderdaad ‘n ‘all black’ vuurpyl
Gaan hul ook die Haka uitvoer voor lansering? Die ding gaan onsigbaar wees in die buitenste ruim met daar die All Black lyfie!
Dit was amper ons… Voor die gemors wat nou hier aangaan. Baie tragies…
Dis sekerlik “nano” en nie “nanno” nie? Of is dit anders in Afrikaans? Die woord “nano-” is ‘n SI-voorvoegsel wat “een miljardste” beteken.
Ek wonder wat het van die tegnologie en mense geword wat destyds aan ons RSA 1 missiel gewerk het? Langafstand missiele en ruimte vuurpyle deel baie tegnologie, ons was op ‘n stadium mooi oppad hiermee.