
Rocket Lab het die eerste land in die Suidelike halfrond geword wat ’n vuurpyl suksesvol in ’n wentelbaan om die aarde kon plaas (Foto: Nasa)
Die Nieu-Seelandse maatskappy Rocket Lab het die eerste land in die Suidelike halfrond geword wat ’n vuurpyl suksesvol in ’n wentelbaan om die aarde kon plaas.
Volgens berigte was dit ’n toetsvlug waartydens drie satelliete, waarvan twee kommersieel, saam gelanseer is.
Die lansering het van ’n skiereiland op die Noordeiland geskied.
Rocket Lab beoog nog drie toetsvlugte voordat gereelde kommersiële lanserings gaan begin en die gedagte is dat dit veel goedkoper sal geskied as wat dit hul mededingers gaan kos.
Die lanseerterrein op die Noordeiland word wyd gekritiseer omdat dit aan hewige winde en gereelde onweer blootgestel is. Die veronderstelde lansering moes juis met ’n dag uitgestel word weens slegte weer en ’n ernstige tegniese fout.
Dit was die land van die Silwer Varing se tweede probeerslag nadat ’n lanseerpoging verlede jaar misluk het.
Nieu-Seeland beskou die suksesvolle lansering as ’n belangrike toevoeging tot sy Nieu-Seeland Eerste-veldtog en het Australië as sy enigste ernstige mededinger in die Suidelike halfrond bestempel.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Met behulp van Suid Afrikaanse breinkrag, mense wat nie meer werk in hul eie land kon vind nie. Reuse aanwins vir ander lande, baanbrekers en opbouers!
Asb tog hpv, Rocket lab is n California maatskappy.
In 1989 en 1990 het SA twee suksesvolle sub-orbitale lanserings vanaf Waenhuiskrans gehad. Dit was deel van die destydse satellietprogram. Die volgende lansering sou die Groensat satelliet wees. Maar toe breek ’94 aan en met soveel ander kundigheid is hierdie vermoee afgetakel. SA se infrastruktuur is eintlik nog steeds beter as NZ s’n vir sulke lanserings, maar daar’s die ding van die politiek…. wat maak dat niemand SA met ‘n tang wil aanraak nie.
Trots om myself n NZ’der te noem vir 6jaar al. GO NZ!! Beste land ter wereld
Hoekom stry julle oor watter een van RSA of NZ die beste land is? Die berig en foto onderskif stel dit tog duidelik dat “Rocket Lab het die eerste land in die Suidelike halfrond geword wat ‘n vuurpyl suksevol in ‘n wentelbaan om die aarde kon plaas”.