Nuwe sentrum vir voornemende ontwerpstudente

Foto verskaf deur AIE

Die Academic Institute of Excellence (AIE) het ʼn nuwe sentrum, die Greenside Design Centre, aangekoop om sy posisie in ontwerp-onderrig te versterk.

Die maatskappy glo dié ontwerpsentrum sal ʼn groot bydrae lewer om sy produkaanbod uit te brei.

Greenside Design Centre, wat sy deure 36 jaar gelede oopgemaak het, is ʼn internasionaal bekroonde spesialis- ontwerpkollege wat op kreatiewe en innoverende denkers fokus. Die sentrum bied ʼn rits grade, honneursgrade en hoër sertifikate aan in verskeie ontwerpdissiplines soos grafiese ontwerp, multimedia ontwerp en binnenshuise ontwerp.

Volgens AIE sal dié sentrum ook tot verhoogde geloofwaardigheid lei met hoogs gekwalifiseerde dosente wat kenners in hul gebied is. Meer studente kan nou toegang kry tot opleiding en meer dienste kan aangebied word. Geen verandering word gemaak in die rol van personeel nie. Die kombinasie van hulpbronne en ervaring bied ʼn wen-wen vir albei entiteite.

Die aanskaffing van die Greenside Design Centre werp lig op AIE se vermoë, ervaring en vertroue om nog ʼn maatskappy by te voeg. AIE voeg gereeld maatskappye by tot sy stal wat spesialiste in hul veld is, soos Learn3D en Concept Interactive.

AIE is ʼn groep opvoedkundige handelsmerke wat van Suid-Afrika se vooraanstaande onderriginstansies verteenwoordig. Die maatskappy is bekend vir sy innoverende benadering tot gehalteonderrig, uitnemendheid in dienslewering en ʼn moderne tegniese benadering.

AIE en die Greenside Design Centre (GDC) het amptelik hande gevat by die 100% Design Expo by Decorex.

  • Besoek die webwerf
  • Stuur ʼn e-pos aan [email protected] vir meer inligting
  • AIE hou ʼn opedag op 31 Augustus vir studente wat belangstel in AIE-programme wat in September 2019 en Januarie 2020 begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.