Ondergrondse maanstede straks moontlik

Die stad Philadelphia, VSA, in een van die teoretiese lawatonnels Grafika: Purdue University/David Blair

Die stad Philadelphia, VSA, in een van die teoretiese lawatonnels Grafika: Purdue University/David Blair

Reuse lawatonnels met ’n deursnee van meer as ’n kilometer kan groot genoeg wees om lewensvatbare stede vir koloniste op die maan te huisves, blyk uit navorsing deur wetenskaplikes van die Purdue-universiteit wat data van Nasa bestudeer het.

Sulke stede sal beskerm wees teen die reuse temperatuurverskille tussen die dag en nag op die maan, dit sal nie aan die kosmiese bestraling soos op die oppervlak ervaar word, blootgestel wees nie, en dit kan selfs die inwoners teen meteoriete beskerm.

Bron: Christian Science MonitorPurdue-universiteit

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Wonder wat gaan die ‘man op die maan’ sê van hierdie koloniste?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.