Van 400 km bo die aarde in die Internasionale Ruimtestasie is ’n Deense ruimtevaarder, Andreas Mogensen, besig om ’n robottuig in Noordwijk, Nederland te beheer.
Morgensen, wat die bynaam Ruimteviking gekry het, moet nie net die tuig bestuur nie, maar ingewikkelde take daarmee uitvoer. Hy het na 40 minute daarin geslaag om ’n dun pennetjie in ’n dun gaatjie te druk. Dit is met die hulp van kunsmatige gevoel gedoen wat na Morgensen se beheerpaneel in die IRS oorgedra is.
Die doel van die eksperimente onder die toesig van die Europese Ruimte-agentskap is om ’n tuig te ontwikkel wat vanuit die ruimte beheer kan word om ingewikkelde take op die maan uit te voer, soos om ’n teleskoop op te rig.
Lees meer oor die karretjie.