10 950 VC-komeet met ystydperk geassosieer

‘n Kunstenaarvoorstelling van die 10 950 VC-komeet met ystyperk geassosieer op aarde (Foto: Wikipedia)

Die jaartal waarin ’n komeet van ongeveer ’n kilometer in deursnee die aarde getref en ’n ystydperk ingelui het, is pas akkuraat deur wetenskaplikes van die Universiteit van Edenburg bepaal.

Uit gravures en inskrywings op ’n pilaar by Gobekli Tepe in Turkye, is vasgestel dat die komeet, of brokstukke daarvan, die aarde in ongeveer die jaar 10 950 voor Christus getref het.

Dit het die ystydperk bekend as die Jonge Dryas ingelui, wat tot die uitsterwing van verskeie groot soogdiersoorte aanleiding gegee het.

Die datum is bepaal deur die sterre-afbeedings op die pilaar deur rekenaarmodelle te voer en die tyd terug te werk tot die uitbeeldings presies ooreengestem het met waar die sterre hulle destyds sou bevind het.

Dié navorsing stem ooreen met ander onlangse navorsing, toe wetenskaplikes van die Universiteit van Suid-Carolina in die VSA ’n sogenaamde platinum-anomalie by argeologiese uitgrawings dwarsoor die VSA bestudeer het.

Hulle het bevind dat daar sowat 12 800 jaar gelede platinum-afsettings oor bykans die hele Noord-Amerika, en waarskynlik die hele wêreld, was. Platinum is skaars in die aardkors, maar kom volop in asteroïde en komete voor.

Dit val saam met die aanbreek van die ystyd, waartydens die Clovis-mense en diere soos die mastodon, mammoet en sabeltandtier uitgesterf het. Altesaam 33 spesies groot soogdiere het uitgesterf.

Met die aanbreek van hierdie ystydperk het die temperatuur skerp afgeneem en die afkoeling het 1 400 jaar geduur.

Bron: Telegraph

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Janie Monsieur ·

Dagsê Sê-net,

Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig. Dit moes inderdaad “ystydperk” gewees het.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Nico K ·

Was dit omtrent dieselfde tyd wat hulle reken mense van China na Noord Amerika beweeg het toe die noordelik oseane gevries was?

Herman Toerien ·

Hallo Nico K. Argeologie in die VSA is lank deur buffelagtige optrede deur argeoloë oor die Clovis First-kamp geterroriseer. Maw ander wat met bewyse gekom het dat mense langer as 13 000 jaar gelede in die Amerikas was is sleggesê en as idiote uitgemaak. Die bewyse het egter oorweldigend geword. Genetiese toetse dui ook daarop dat minstens sommige stamme in Noord-Amerika reeds sowat 24 000 jaar gelede van die mense van Asië geïsoleerd geraak het (hoewel ook bewyse van latere kontak, soos handel, gevind is). Dit klop met die oudste bewyse van menslike nedersetting wat tto dusver gevind is.

Nico K ·

Dankie vir die terugvoer, Herman. Maar ek het nog altyd gehoor dat die mens in die Amerikas gekom het deur oor die yslaag tydens ‘n ystydperk te beweeg. As hulle reeds vroeër daar was, hoe het hulle oor die see gekom?

Herman Toerien ·

Hallo Nico K. Dit was juis reuse ysversperrings wat die Clovis-aanhangers laat glo het dat mense die kontinent nie voor 13 000 jaar gelede kon bereik nie. Navorsing toon dat daar met die ystydperk (‘n grote voor die relatief klein Jonge Drias) daar ‘n groot landmassa, en nie net ‘n seebrug, genaamd Beringa bestaan het. Hier is lank gewoon. Dit wil ook voorkom of hierdie mense bedrewe seevaarders was, en dit kan verklaar hoe mense so gou die suidpunt van Amerika bereik het, en ook eilande al baie vroeg bewoon is. Deur ver genoeg suid te gaan, kon agterom die ysversperring kom en hedendaagse bewyse toon ook dat mense die noordelike dele van die VSA deur ‘n opening in die ys uit die suide bereik het, in plaas van uit die noorde soos altyd geglo is. Sommige diere, soos die kamele se voorvaders, en later bisons, en nog later mammoete, het veel vroeër al oor periodieke ysverbindings tussen die kontinente beweeg.

jan groenewald ·

Ai mense, dit slaan my stom dat daar nog steeds soveel mense is wat sulke dinge glo. Hier is die waarheid. Alles wat jy sien vandag is maar net 6000 jaar gelede geskape. Dis reg ja, net 6000 jaar gelde. En die Almagtige Skepper was ons Here. Daar was niks gewees nie. Diere, mense, plante, berge, alles is 6000 jaar gelede geskape. En die bron waarin jy dit kan gaan naslaan is die Bybel.

Herman Toerien ·

Hallo Jan. Die Bybel sê juis nie die aarde is sesduisend jaar oud nie. Daar is wel twee tekste (Psm 90 en 2 Petrus 3) wat sê een dag is soos ‘n duisend jaar, en ‘n duisend jaar soos een dag vir God. ‘n Mens moet ook waak teen ‘n eng vertaling van die woord “Ben”. Duisend word boonop veral in die Ou Testament gebruik as die ekwivalent van baie, die ewigheid, of oneindig baie. So het Israel met die banvloek by sekere nedersettings “duisende” doodgeslaan, maar die dorpe het dikwels kwalik honderd inwoners gehad. Ek self gebruik die beleide van die susterkerke hieroor. Ruimte ontbreek om dit weer te gee. My feitegebruik is 100% in ooreenstemming met my kerk, die Ned. Hervormde, dit stem 100% ooreen met twee van die opsies wat die NG Kerk bied, en die GKSA het onlangs tydens ‘n sinode geweier om ‘n dokument wat jong aarde kreasionisme sou voorstel eens te bespreek. Ander kerke waarvan ek weet, soos die Methodiste, het geen standpunt hieroor nie. Kortom, jy verteenwoordig nie ‘n universele Christelike standpunt nie.

jan groenewald ·

@Herman Toerien – weet jy vriend, ek het ook vir baie lank die bybel so gelees. Een of twee versies op ‘n slag. Op daardie manier gaan jy nooit die volle prentjie sien nie. Ek gaan nou nie ‘n argument hier begin nie, maar net so FYI, die bybel geskiedenis tot by Jesus se geboorte het ‘n tydlyn wat gevolg kan word deur nie net 1 of 2 versies le lees nie. Gaan kyk gerus, nee eitlik moet jy ‘n studie daarvan maak. Jy gaan so verras wees. Gaan kyk eerste na die bybel en die bybel alleen. Nie wat mense of kerke vir jou sê nie. Die bybel is immers die Woord van ons Vader. En ek glo Hom ver eerder voor ek mense glo. En as jy daar klaar is dan gaan kyk jy of dit wat die betrokke mense of kerke se en glo BY DIE BYBEL aanpas, nie anders om nie. En mag met jou gebeur soos dit met my gebeur het. Net die beste.

Reinhardt ·

Jan, ons “glo” nie aan wetenskap nie. Daar word eenvoudig n stelling gemaak (hipotese) en dan probeer ons dit verkeerd bewys, indien dit nie verkeerd bewys kan word nie word dit dan n teorie. Dan stop ons nie daar nie, ons hou aan om dit verkeerd te probeer bewys, en tot dusver kon niemand nog evolusie verkeerd bewys nie en niemand kon al bewys dat die aarde slegs 6000 jaar oud is nie. Ek het alle respek vir geloof, maar moet asseblief nie dit verwar met wetenskap nie.

RB ·

@Reinhardt – Ek dink jy verstaan verkeerd. Nog niemand het evolusie bewys nie. Die fossiele van diere wat gevind word is dieselfde as vandag. In baie gevalle word hierdie uitgestorwe diere lewendig gevind (coelacanth – wat toevallig op ‘n stadium kwansuis ‘n voorouer van ander diere was). Dan is daar die sagte dinosourus weefsel wat gevind word deesdae nou dat mense se oogklappe begin afkom (https://answersingenesis.org/dinosaurs/more-soft-tissue-in-old-fossils/).

Glo (of “bewys”) net wat jy wil, die bewyse is orals en dit is nie aan evolusie se kant nie.

Herman Toerien ·

Hallo RB. Paleontoloë het al 50 jaar gelede gesê daar is meer bewyse vr evolusie as wat daar is dat die aarde rond is. Sedertdien neem die bewyse geweldig toe, hetsy in die paleontologie, genetika, geologie, selfs argeologie en vele meer. Dit is onjuis om te sê die beendere van vandag is dieselfde as miljoene jare gelede. Daar is wel sekere suksesvolle diere soos krokodillle wat min verander het, maar daar was vroeër veel meer soorte. Die soogdieragtige reptiele wat voor die dinosauruse geleef het, en waarvan daar baie fossiele in SA en bv China is, bestaan bv nie vandag nie, Ut daardie tydperk is daar ook nie bene van iets wat vandag leef nie.

Wicus ·

Dankie Herman, hou asb aan met hierdie tipe artikels, baie interessant en hou die denke wakker!

Jan ·

Jesus sê in Joh 5: 46 dat as julle Moses geglo het sou julle my geglo het want hy het van my geskryf maar as julle sy geskrifte nie glo nie hoe sal julle my woorde glo. En in die wet van Moses sê dit God die aarde in 6 dae gemaak. As mens die somme maak is dit 4000 jaar van Adam tot Jesus.

Stokkies ·

Presies Jan! En 0ns leef 2000 jaar na Jesus Christus! 4000+2000=6000

pie in the sky ·

Liewe Broers en Susters – die aarde is miljoene jare oud. Wie sê vir enige van julle ons was die enigstes met n bietjie breins hierop? Ons weet van vele hoër beskawings wat voor ons was en onlangse opgrawings ksoos vele piramidea wat nou skileik in Antarktika, Indonesië en elders ontbloot word) toon nou dat hulle wel selfs oor lugvaart beskik het (vergelyk die Indus beskawing/Sanskrit). Moet tog nie als net bloot glo wat julle opgedis word deur die hoofmedia nie! Daar is veel meer… Die Bybel sê self daar is niks nuuta onder God’s son nie…

RB ·

Die bybel sê ook daar was ‘n wêreldwye vloed rofweg 2400 jaar voor Christus. Die vloed het die bestaande beskawing(s) vernietig. Die bewyse hiervoor is orals, maar mense kies om verby dit te kyk. Gaan kyk maar self, die “wetenskaplikes” wil alewig vertel dat daar vloede op mars ens. was, maar hier op ons watervol aarde “is dit nie moontlik nie”. Kan jy dit oorvertel! https://answersingenesis.org/flood/

Johanna Botha ·

Maar hoe verduidelik jy die Denosorise dit maak my nou regtig baie deurmekaar

Sonet ·

Gaan google ICR Institute for Creation Research op Dinosaurs.

Director Krennick ·

Göbekli Tepe is vol geheime! Gebou 13,500 jaar gelede (in die Neolietiese tydperk) om die “gode” van die sterre te vereer, verteenwoordig dit van die oudste menslike strukture ooit waarvan ons weet (volgens argeologiese berekeninge dus selfs ouer as die groot Piramides in Egipte – die spirituele fondasie van die latere Westerse beskawing). Die mure van die struktuur is oortrek met afetsings van vreemde kreature en daar is baie bespiegelinge oor wat hul kan verteenwoordig. Daar is die wat beweer dat hul werklik was en dat die afetsings voorstellings is van wat werklik gesien is (daar was nie kameras in daardie tyd nie – kon nie foto’s neem nie). Ander beweer weer dat hul simboliese voorstellings is. Ek neig meer na die voorgenoemde. Die gewone mens se verbeelding is nie eers vandag watwonders vandag nie en ek dink nie dit was te ver ontwikkeld 13,000 jaar gelede nie.

Nietemin, die bevinding dat ‘n komeet die laaste mini-ystydperk veroorsaak het is merkwaarding – nog meer nog dat ons beskawing daaruit ‘aangedryf’ is. Komete vorm dus, ten minste in ons sonnestelsel, meganismes om Evolusie aan te help.

Director Krennick ·

Göblekle Tepe is een van die grootste argeologiese fondse in die geskiedenis. Gekonstrueer in die neolitiese tydperk, ongeveer 13,500 jaar gelede, is dit ‘n moeilike uitdaging om die fonds te probeer inpas in ons aanvaarde geskiedenis “tydslyn”. Dit is ooglopend ‘n komplekse konstruksie (gegee die tyd waarin dit gedoen is – die beste waarmee Europa op daardie stadium kon spog is miskien modderhutte). Dit is 3x ouer as die groot Piramides in Egipte – en dié is reeds oud. Op die mure van die geboue is vreemde uitbeeldings van snaakse “diere”(wel, dit is wat ons dink dit is) – en daar is uitlopende verklarings aangaande hul betekenis…

En nou wil dit voorkom of die bouers nie net briljante argitekte was nie maar ook sterrekundiges wat beteken die fonds het ‘n (implisiete) astro-argeologiese ontwerp. Merkwaardig! Dat ‘n komeet ‘n mini-ystydperk kon veroorsaak is nie nuwe nuus nie – dieselfde sal gebeur in ‘n kernoorlog met ‘n “kern winter” (‘nuclear winter’) wat dekades sal duur. Maar om te dink daar was iemand wat hierdie gebeurtenis kon “beskryf” so lank gelede – ongelooflik!! Dat ons beskawing as t’ware uit hierdie tragedie voortgespruit het IS egter ook uiters merkwaardig!

Dankie vir die artikel (al het ek dit reeds op anders sites gelees voor Maroela se publikasie).

Hoop jul ‘publish’ my kommentaar….

Vaalseun ·

Jan Groenewald, dis die moeite werd om Bertrand Russell se raad ernstig op te vat, “What is wanted is not the will to believe, but the will to find out, which is the exact opposite.”

Jan-Rap en sy maat ·

Vaalseun,
Nou praat jy my taal…. Dit is wat ń mens goeie leesstof noem.
Ek hou veral van dit wat Russel geskryf het oor wonderwerke. Diep filosofiese literatuur wat meer sin maak as die “grootboek van fabels”.

Melt Olckers ·

Gereeld word deurbrake in verskeie velde van die wetenskap gemaak wat die deurbrake in ander velde net bevestig. Astronomie bewys geologie, asook plantkunde, dierekunde, geskiedenis ens.
Dit gebeur glad nie in die Christelike kerke nie.
Die gevolgtrekking is op die ou end dat die Bybel nie ‘n wetenskap handleiding of geskiedenis boek is nie.

Director Krennic ·

100% korrek. Die bybel is nie ‘n geskiedkundige dokument (geld seker vir enige godsdienstige geskrif) en veral nie ‘n wetenskaplike een nie. Dit is bloot ‘n mitologiese ‘verhaal’ wat sekere spirituele waarhede verdoesel agter Beeldspraak, Metafoor en Allegorie. Grootste fout wat enige iemand kan maak is om sulke inhoud te historiseer – dit is dán dat sulke artikels soos hierbo moeilik raak om te verwerk vir diegene wat dit wél doen (soos sommige van die kommentare hierbo dit ook duidelik wys). Daar is bome op hierdie planeet wat ouer as 6,000 jaar is (‘Old Tjikko’ in Swede, ‘Methuselah’ in Kalifornië, ‘Llangernyw’ in Wallis, ‘Zoroastrian Sarv’ in Iran, Fitzroya Cupressoides’ in Chili om maar ‘n paar te noem).

Die aard van die Wetenskap (waarvan Argeologie ‘n tak is) is om self-korrekgerend te wees. Dit maak die Wetenskap oneindig kragtiger as enige godsdiens (godsdiens haat dit met ‘n passie om gekorrekgeer te word – die wat dit doen word met die hel of dood gedreig – die Wetenskap werk nie so nie).

Trouens, ek weet nie eers hoekom die bybel en die christendom relevant is in hierdie bespreking wat handel oor Astro-Argeologiese fonds en Paleontologie. Mitologie is nie relevant vir hierdie bespreking nie. Miskien op ‘n ander dag in ‘n ander konteks.

RB ·

@Melt Olckers – Hoe kan jy so ‘n false stelling maak? Die bybel is akkuraat wanneer dit oor die natuur praat en verder is daar talle ondekkings wat die geskiedkundige akkuraatheid bevestig.
Net ‘n paar verwysings, daar is talle meer. Wie soek sal vind:
1) https://www.youtube.com/watch?v=dZyHDoRBYLE
2) https://www.youtube.com/watch?v=t2sMJMXDiH4&t=602s
3) https://www.youtube.com/watch?v=FxHYh3QZbTI&list=PLuYF7rhuB4boTZkRx9CPENkPgXM4SH_Ya&index=11)
4) https://www.youtube.com/watch?v=Kd7StYEyFOc

RB ·

@Director Krennic – Jou “feite” is ongelukkig verkeerd, meeste van daardie bome se ouderdom word as omtrent 4000-5000 jaar gedokumenteer (toevallig waneer die vloed was.).

Die een enkele voorbeeld wat kwansuis ouer as 6000 is,”Old Tjikko”, se ouderdom is hoogs debatteerbaar (www.venerabletrees.org/how-old-is-old-tjikko/) en dus heel waarkynlik verkeerd.

E.K. ·

Dankie vir ‘n uiters interessante en insiggewende artikel Herman – ek lees dit altyd graag. Hier is mense wat kommentaar lewer wat my laat dink aan die klomp wat JARRE gelede geglo het die aarde is plat…hoef ek meer te sê?

Dewildt Smith ·

Nes almal vandag stry oor evolusie en hoe oud die aarde is net so het mense jare terug gestry of die aarde rond of plat is. Mense wat wou bewys hy is rond was verbrand deur die kerk. Raai wat… Die aarde is toe rond. Beweeg ‘n paar jaar en en hoewel mense nie verbrand word nie bly die rusie aangaan. Nuwe topic, selde houding. Punt is ek as ‘n gelowige glo God het die aarde gemaak en God het sy enige seun aarde toe gestuur om vir ons te sterf. Wat het dit met my sielsaligheid uit te waai hoe oud die aarde is en hoe lank terug? Hou op stry oor nonsens en staan saam as gelowiges en fokus op die koninkryk van God en die verspreiding van sy Woord.

Sonet ·

Amen, maar die is goeie bewys teen evolusie. Ek stem dit maak nie saak nie want al kom die waarheid uit glo hul nogtans nie.

Lemmer ·

Volgens Francis Collins, die leier van die “Human Genome Project” wat baanbrekerswerk gedoen het om die menslike DNA te “map”, bestaan die mens, Homo Sapiens, al minstens 100 000 jaar . Hierdie is hoogs geleerde manne wat hul lewens wy aan hierdie navorsing wat gestaaf kan word uit die fossiel rekord. Ander, soos Prof Dawkins redeneer minstens 250 000 jaar. Jy moet ontsettend kortsigtig wees Creation Ministries se snert oor die jong aarde te glo. Dis predikante wat hul werk gaan verloor as hul volgelinge die waarheid durf uitvind.

Charles Rossouw ·

Vir die wat glo die aarde is 6000 oud, wil ek vra. Hoekom kon God dan nie dinosourusse geskape het? Hy kan dan als maak, hoe groot is jul geloof dan nou 6000 jaar of biljoene jare?

Charles Rossouw ·

Wonder wie sou dan nou die Dinosourusse in die prehistoriese tydperke en reuse soogdiere uit die ystydperk kon geskapehet???? Oja die aarde is mos 6000 jaar oud. Dan is dit nie in Die Skeper se vermoë om dit te kon doen nie.

Hennie ·

Herman Toerien en andere, onthou dat 1000 jaar vir God soos een dag is omdat tyd nie vir God bestaan nie. Daar is ook baie teoriee, ‘n teorie is slegs iemand se “opinie” en nie ‘n feit nie. Adam en Eva is werklik 6000 jaar gelede geskape en volgens Gen 3:20 was Eva die moeder van alle mense, hoe op aarde kan julle redeneer dat daar soveel duisende jare gelede voor Eva se bestaan mense op aarde was?

Faan ·

Mense gaan kyk gerus Dr Hovind se gesprek oor hierdie. Evolusie is n geloof en hy gee 1000de bewyse daarvoor.Ook openbaar hy al die gekonkel om die geloof as feit te verklaar.

Lemmer ·

Faan,
Hierdie dr Hovind waarna jy verwys is ń krimineel met ń lang kriminele rekord en uit ń etiese oogpunt kan ek nie enigiets wat hy kwytraak as waardig beskou nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.