Aarde het tweede ‘maan’

So lyk die “maan” se baan om die aarde (Foto: Christian Science Monitor)

So lyk die “maan” se baan om die aarde (Foto: Christian Science Monitor)

Nasa-wetenskaplikes het onlangs vasgestel dat die aarde, naas die maan, oor ’n tweede natuurlike satelliet beskik.

Dié bevinding is op 27 April deur wetenskaplikes gemaak wat die Pan-STARRS-teleskoop in Hawaii gebruik het.

Dié satelliet, ’n asteroïed met die naam 2016 H03, is tussen 40 en 100 m in deursnit en dien as ʼn “tweede maan” vir die aarde.

Die verskynsel staan ook as ’n kwasi-maan bekend omdat dit om die aarde én die son wentel. Dit het ook ’n stabiele baan, en dit blyk dat dié asteroïed die aarde al byna ’n eeu lank vergesel, en dit nog etlike eeue lank gaan doen.

Paul Chodas, ʼn Nasa-wetenskaplike, sê egter dit hou geen gevaar vir die aarde in nie.

“Die asteroïed kom nooit nader as 14,5 miljoen km aan die aarde nie, en is nooit verder as 24 miljoen km nie,” sê hy.

’n Ander asteroïed, 2003 YN107, het vir ongeveer ʼn dekade ʼn soortgelyke baan gevolg, maar het intussen verkas.

Chodas meen egter 2016 H03 gaan nie dieselfde roete volg nie. “Ons studie het bewys dat dié kwasi-maan al meer as ʼn eeu lank om die aarde en die son wentel omdat hy op ʼn meer stabiele baan is. Alle aanduidings is ook dat hy nog baie lank gaan aanhou wentel,” voeg hy by.

“In werklikheid voer die kwasi-maan eintlik net ʼn dans met die aarde uit.”

Bron: Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann Marx ·

Is alle vorige inligting wat ons nou gehad het na die maan?

Paul ·

Daar isbaie meer as net hierdie een natuurlike satelliet van die aarde buiten die bekende maan.
Die verskil tussen hierdie klippe en die maan wat ons almal ken, buiten die feit dat al die ander wat tot dusver ontdek is eintlik om die son wentel teen naastenby dieselfde spoed as die aarde, is dat al die ander goed wat tot dusver ontdek is, hierdie een ingesluit, is dat hulle wentelbane nie naastenby so stabiel is soos die maan nie. Hierdie een is waarskynlik die mees stabiele wat tot dusver ontdek is, maar steeds nie so stabiel soos die welbekende (en sigbare) maan nie.

Veritas ·

Die ouens wat so met die maan gepla is, is ook nie so stabiel nie.

Peter ·

Die laaste sin wat na die ‘dans met die aarde verwys’ is seker die simpelste beskrywing wat ek in ‘n lang tyd gelees het. Regtig mense, ons is nie morone nie.

Dawie ·

As jy kyk na die oorsprong van hierdie berig spreek dit boekdele. ;-)

Maangepla ·

Eliza-beth ek wou dieselfde reageer teenoor Peter-dis bloot ‘n hipotetiese beskrywing, niks met die werklikheid te doen nie-wie het nou kon dink dat Peter ook die berig sou lees of dat daar enigsins iets met sy intelligensie skort?!

FC ·

Die “maan” is tussen 40 en 100 meter in deursnee.
Dis darem baie presies.
Amper soos die ou wat ek nou net gesien het wat by my venster vergeloop het. Hy was tussen 1 meter en 2.3 meter lank.
Sterrekunde moet eintlik hulle naam verander : raai raai riepa…

Maangepla ·

FC dit is bloot ‘n berekening/skatting van die iets wat derduisende kilometer vanaf ons af bestaan, so as jy oor instrumente beskik wat ‘n meer akkurate lesing kan gee, verwittig ons asseblief daarvan…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.