Aarde “nie voorbereid op onverwagse komete”

'n Kunstenaarsvoorstelling (Foto: The Guardian)

‘n Kunstenaarsvoorstelling (Foto: The Guardian)

Dr. Joseph Nuth, ʼn senior Nasa-wetenskaplike, het Maandag tydens ʼn konferensie in Amerika gesê die aarde is nie voorbereid op ʼn komeet wat hom moontlik kan tref nie.

Nuth het by die jaarlikse American Geophysical Union-konferensie, waar wetenskaplikes praat oor hoe die aarde beskerm kan word teen kosmiese gevare soos komete, gesê teen die tyd dat ʼn komeet, wat die aarde kan tref, ontdek word, is dit reeds te laat om aan ʼn ruimtetuig te begin bou wat die bedreiging van koers kan dwing.

Hy het daarop gewys asteroïde se bane is gewoonlik taamlik sirkelvormig en hul spoed redelik konstant en baie komete se bane is reeds bekend.

Komete se spoed neem egter toe hoe nader dit aan die son en dus ook die aarde kom en daarom is ʼn komeet-ontdekking gewoonlik onverwags en is dit te laat om iets daaraan te doen.

Nuth het verwys na die komeet, Siding Spring, wat Mars met ʼn haarbreedte gemis het en slegs 22 maande tevore ontdek is. Hy het gesê die komeet kon “net sowel die aarde getref het”.

Hy sê die enigste oplossing vir dié moontlike probleem, is om twee ruimtetuie te bou: een ʼn verkenner en die ander met ʼn deflektor. Die verkenner gaan vooruit en bepaal die grootte van die komeet, die omwentelings en ander faktore, sodat die deflektor uiteindelik op die doeltreffendste wyse ingespan kan word.

Een só moontlikheid is om ʼn kernbom naby die komeet te laat ontplof, wat ʼn deel sal laat verdamp. Die vrygestelde gas op die oorblywende deel werk dan soos vuurpyle en stu die komeet weg.

Bron: The Guardian

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

13 Kommentare

John ·

Sal dit nie makliker, goedkoper en minder gevaarlik wees om net te bid vir bewaring nie? Tot nou toe staan die aarde se pilare nog stewig en ons groet die dag met al sy skade en skandes met hulp van Bo? Moet ons ons nou op Nasa verlaat om te verseker dat ons veilig is? Dit sal ‘n lekker geldmaak-projek wees… so op vrees gebou…

Victor ·

Jou argument maak nie sin nie. Hoekom kanker navorsing doen, dis sekerlik goedkoper om te bid?

Steve. ·

In Openbaring word met die tweede trompet ‘n astroide voorspel en die derde trompet n komeet. Ons sal dus nie die meteoriete kan weg bid nie.

Renier Lubbe ·

Gaan die regte kant verdamp en gaan die “vuurpyle” in die regte rigting wys?

Ag nee wat, los maar.

Foxi ·

Die aarde sal vergaan deur vuur………so sê die skrif. Maar hoe en deur wat…….wie sal nou weet?

Ja nee ·

Ek se ook so. Stem 100% met jou saam dan sal daar n einde van al hierdie ewil dinge van die wereld wees wat deur mense geskep is.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.