Aardse fungi oorleef onder Marstoestande op IRS

'n Ruimtevaarder maak die fungi op 'n platform buite die ISS vas Foto: ESA

‘n Ruimtevaarder maak die fungi op ‘n platform buite die ISS vas Foto: ESA

Twee Antarktiese spesies fungi wat 18 maande lank op die Internasionale Ruimtestasie aan toestande soortgelyk as Mars onderwerp is, se selle was na 18 maande nog ongeskonde en hul DNS nog stabiel.

Die fungi wat in die onherbergsaamste deel van Antarktika gehaal is, is in ‘n houer geplaas wat aan die buitekant van die internasionale ruimtestasie geheg is. Hierin het toestande soortgelyk as op Mars geheers, soos die baie lae lugdruk, ekstreme koue en blootstelling aan ultraviolet-bestraling.

Groot opgewondenheid heers oor hoe moontlike lewe op Mars sou kon aanpas toe die lewensomstandighede miljarde jare gelede begin versleg het.

Bron: EarthSky

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Reinhardt ·

Dit is fantasties! Hopelik vat hulle hierdie fungi saam op die volgende Mars-ekskursie.

Johan 2 ·

As nasa en EU nie soveel geld (en tyd) op die ISS mors nie kon hul dit en baie ander spesies al jarre gelede op Mars gaan toets het…wel as jy dit daar toets gaan dit waarskynlik daar vestig, so hul kon dit lankal daar vestig en gekyk het hoe dit aanpas..Dankie v die berig Herman! Groete aan Prof Hofman.

Jan ·

Ai wat n klomp bok. Die IRS wentel op n afstand van 400km van die aarde se grond oppervlak af. Hulle is nog nie eers in die buitenste atmosfeer nie en dan word daar gepraat van ruimte toestande soortgelyk as Mars. Hulle het geen idee hoe ruimte toestande by Mars is nie. En as jy dink ek praat nou ‘n wolhaar storie gaan doen dan bietjie navorsing. Daar was nog nie eers mense op die maan nie bloot omdat hulle nie daar kan kom nie. het jy meskien gedink al die Appolo stories is waar? Net soos 911 was dit alles binneshuis beplan en uitgevoer. Maar ongelukkig eet mense vandag al hierdie stories vir soetkoek op.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.