Asteroïde kom ‘na’ aan aarde verby

Kunstenaarsvoorstelling van ‘n asteroïde wat die aarde tref

Die internasionale ruimtegemeenskap gaan hul planetêre verdedigingstelsel op die proef stel wanneer ʼn asteroïde, bekend as 2012TC4 en so groot soos ’n huis, op 12 Oktober vanjaar “na” aan die aarde verbybeweeg.

Volgens Michael Kelley, ʼn navorser by Nasa se TC4-veldtog, gaan wetenskaplikes van dié verskyning gebruik maak om meer inligting oor asteroïdes in te samel vir die dag wanneer die aarde werklik in gevaar is.

Hoewel die meeste wetenskaplikes sê dat daar geen kans is vir die asteroïde om die aarde te tref nie, is sommiges van mening dat daar wel ʼn een uit ʼn miljoen kans is dat dié asteroïde die aarde kan tref.

“Wetenskaplikes gaan die geleentheid gebruik om data te versamel en soveel as moontlik oor asteroïdes te leer. Ons gaan verder ook die wêreldwye asteroïde-opsporing- en opsporingsnetwerk toets. Ons gaan ons vermoë assesseer om saam te werk as daar eendag ʼn werklike bedreiging is.”

Detlef Koschny, ʼn navorser van die Near-Earth Object (NEO)-segment van die Space Situational Awareness (SSA)-program, sê hoewel daar nie ooreenstemming is oor die asteroïde nie, is dit “beslis iets waarop wetenskaplikes ʼn oog moet hou”.

Wetenskaplikes is dit egter eens dat nóg waarnemings en berekenings nodig is om presies te bepaal wat die asteroïde se trajek sal wees.

2012TC4 is in 2012 ontdek toe dit ongeveer halfpad die afstand tussen die aarde en die maan, by die aarde verby is. Min is nog omtrent die asteroïde bekend en sy grootte word op tussen 10 m en 40 m in deursnee geskat.

“Die grootte van die asteroïde is gemeet deur die lig wat dit weerkaats, maar ons kan nie met sekerheid daaroor praat nie. In wese kan dit enigiets tussen 10 m en 40 m wees,” sê Koschny.

Die asteroïde het vermoedelik al verskeie kere digby die aarde verbygeskuur, maar dit is moeilik om te bepaal of dit die aarde dalk met ʼn toekomstige besoek ʼn voltreffer sal toedien.

Sou die asteroïde die aarde tref, hang dit baie af van of dit ʼn yster- of rotsasteroïde is. ’n Metaalasteroïde sou ʼn krater op die aarde maak, maar ’n asteroïde van rots sou skaars ʼn impak op die aarde hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Lindy ·

Baie dubbelsinnig. So groot soos n huis….. nie n baie goeie voorbeeld nie. My groot en n ander ou se groot kan baie verskil. En later praat hul van tussen 10 en 40 meter. Eks bietjie verward

Vincent ·

Ek stem saam mens kan nie NASA vetrou nie , die hele ruimte storie is n lieg storie.
Die maan landing v d sestiger jare was in n studio nagemaak….
Lees op hieroor ….NASA kry R93 biljoen dollar n jaar om te lieg.

God het aarde son maan en sterre gemaak.
Die bybel praat nie v planete nie.
En daar is n uitspansel….(firmament)
?????

Rooibok ·

Somige mense bly in klein huise en ander in groot huise, somige huis is van sink en ander van bakstene …. Lindy hulle het nie na jou huis verwys nie ….. so moet nie verward wees nie meet dit aan ‘n sink huis…..

Terloops ·

Klink eerder na ‘n lugkasteel..
Ek het gedink ons hier in SA is gevrywaar van sulke sprokiesverhale..
Die sterre is al glo almal sonne, volgende wat hulle gaan sê is seker dat die maan regtig kaas is..

Herman Toerien ·

Die sterre is almal sonne. Of miskien meer korrek, ons son is ‘n ster. Soms gebeur dit dat dubbesterre, sterrebondels, sterrehope en selfs galaksies so ver weg is dat hulle as hulle as een ster gesien word, maar deur ‘n teleskoop kan gou gesien word wat regtig aangaan. Met Sutherland, MeerKAT wat die SKA word, Boyden ens staan SA redelik op die voorpunt van sterrekunde. Daar kan nie nog met “sprokiesverhale” gewerk word soos dat die son nie ‘n ster is nie.

john samuel ·

Interresante boek om te lees sal wees “Lucifer’s Hammer”, stel asteroïdes wat die aarde tref in n Totaal ander lig..

Ek lewe in hoop… :]

Vincent ·

Ek stem saam mens kan nie NASA vetrou nie , die hele ruimte storie is n lieg storie.
Die maan landing v d sestiger jare was in n studio nagemaak….
Lees op hieroor ….NASA kry R93 biljoen dollar n jaar om te lieg.

God het aarde son maan en sterre gemaak.
Die bybel praat nie v planete nie.
En daar is n uitspansel….(firmament)
?????

Buksie ·

en ek het gedink ek is een van baie baie min mens wat weet niemand het nog nooit n voet op die maan gesit nie,

Ballingskap ·

Vincent, jy het die Waarheid die wêreld se teorieë verander elke jaar van evolusie tot sterrekunde..
Hulle sal nog net so ‘n kort tydjie spot en lag..
Rom3:4

Hou jou by jou lees ·

Geagte Ballingskap en mnr Vincent. Sies vir julle! Julle val die wetenskap aan met selfoon in die hand en maak uitsprake oor dinge waarvan julle sekerlik bloedmin verstaan. Ek noem julle nie dom nie, maar dan moet julle nie ons wetenskaplikes as wensdenkers afmaak nie. Mense studeer jare lank om te kwalifiseer, maar dan kan Jan en San sommer so uit die vuis sulke wilde stellings maak en die wetenskap afskiet? Ek laat my nie uit oor dinge waarvan ek niks weet nie, probeer julle dit ook asb n slag gerus.

DG ·

Ek hou ook van ‘n lekker sameswerings teorie, maar daar was ‘n regtig Maandlanding, jy kan die toerusting op die maan met vandag se serk teleskope sien.

MH ·

DG – Sommige mense is nie oortuigbaar nie. Hulle sal jou seker vertel dat al die teleskope deur NASA gemaak word met ‘n ingeboude funksie wat denkbeeldige toerusting wys wanneer jy na die maan kyk.

HFC ·

DG – As mens vergeet van al die teorie en bewyse wat vir en teen die maanlanding geopper word bly daar een vragie oor. Met al vandag se moderne tegnologie ens wil ek graag weet hoekom hulle van daardie tyd af nog nooit weer op die maan was tot vandag toe nie??? Dit laat mens wonder nè !!!

Sarel ·

Die bewyse dat die kosmos biljoene jare oud is en dat Homo Sapiens deur evolusie ontwikkel het tot vandag se beskawing is onbetwyfelbaar.
Diegene wat dit so doodluiters afskiet sonder om die moeite te doen om na die teenargument te kyk gaan nog eendag bespot word deur hul eie kinders en kleinkinders. Evolusie en oerknal teorie is reeds deel van die standaard wetenskap curicculum vir hoërskoolkinders in die ontwikkelde lande.

DG ·

More Sarel – Lyk my jy is lus vir bietjie debatteer. Jy weet mos nou dat die Ewolusie fabel sterk kontroversie het. Jy is reg, dit is die enigste teorie wat in ons skole geleer word, en dit is tragies. Daar is baie beter verklarings vir die ontstaan van die heelal en die Wêreld. Terloops, Ewolusie nie veel te doen met ‘n Asteroïde wat bestudeer word nie. Oerknal, ontstaan van lewe, ontwikkeling van meersellige organimses – dit is goed wat in die verlede gebeur het en kan nie aan “toets en kontrole” wetenskaplike metodiek onderwerp word nie (alle pogings tot dusver was totaal ontoereikend). Ons kan nie die ontstaan van die heelal of lewe reproduseer nie, so dit val nie in die operasionele wetenskap nie. Operasionele wetenskap het niks met Ewolusie te doen nie, inteendeel Ewolusie verhinder goeie wetenskap – daar is heelwat voorbeelde daarvan. Operasionele wetenskap het te doen met waarnemings wat herhaalbaar is en verifieerbaar is. Omdat bakterie tot mens – Ewolusie nie herhaal kan word nie is dit eerder ‘n oortuiging of dan ‘n verwysings raamwerk/paradigma as wat dit ‘n wetenskaplike teorie is. Wat my betref is baie beter raamwerke om te gebruik, soos bv die Skeppingswetenskap raamwerk. Op die ou end kyk ons almal na dieselfde feite maar die word in ‘n verskillende raamwerk geïnterpreteer. Die fabel se – as die prinses die padda soen word dit ‘n prins, Ewolusie se dit is waar die prinses se naam ins net “miljoene jare”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.