Asteroïed gaan aarde dalk ‘net-net’ mis

Argieffoto ter illustrasie

Argieffoto ter illustrasie

’n Asteroïed van sowat 30 meter in deursnee gaan in Maart by die aarde verbyskiet.

Nadat aanvanklik berig is dat dit só naby aan die aarde gaan verbytrek dat mense dit sal kan sien, meen wetenskaplikes nou dit gaan die aarde met tussen 18 000 kilometer en 15 miljoen kilometer mis. Die groot verskil word toegeskryf aan onsekerheid oor sy baan.

Hoewel wetenskaplikes volhou dat daar geen kans is dat die asteroïed, 2013 TX68, vanjaar die aarde kan tref nie, is daar ’n kans van een uit 250 miljoen dat die botsing in 2017 kan plaasvind.

Hulle verwag egter dat meer inligting bekom sal word wat die kanse op ’n botsing heeltemal sal uitskakel.

Bron: Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Stormrider ·

Fenomenaal. Die kanse dat ‘n botsing van hierdie omvang plaasvind gedurende die kort tydjie wat die mensdom die aarde bewandel is astronomies klein. Ons spesie se tyd in kosmiese terme is maar ‘n sekond in die grote ewigheid. Dit gryp nietemin die verbeelding aan hoe so ‘n gebeurtenis sal wees……

Johann Marx ·

Mense het ook gedink dit sal nooit gebeur dat Japan ons wen in die rugby wêrelbeker toernooi nie…..

G van Niekerk ·

Jammer dit is nie ‘n 10km stuk rots nie.

‘n Werklike E.L.E. (Extinction Level Event)….

30m gaan nie veel doen nie…

Ben (:-) ·

Ek het die regte GPS vir hom – jammer mens kan dit nie program nie…

Christo Visagie ·

Daar is ‘n huisie in Kwazulu-Natal wat hy regtig maar kan tref,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Karin ·

Daar is ‘n ‘asteroide’ genaamd Thuli Madonsela wat so pas die eienaar van daardie huisie in KZN goed getref het :-))

Jef ·

Lang lang gelede was daar n asteraoide wat op die aarde afgekom het en weet julle waar dit geval het……nee nee…..wel op Zum se paleis en mense in SA het weer lang en gelukkig gelewe tweet tweet die storie is uit …..gaan nou maar lekker slaap.

AmY ·

Julle kommentare laat my lekker lag. Dankie. Julle maak my dag.

JPS ·

…gaan aarde dalk net-net mis…. maw dit is feitlik uitgemaakte saak dat dit die aarde wel gaan tref? ….. taalkundige korrektheid skynbaar nie een van Maroela se sterkpunte nie….

Alta Schutte ·

O….gits …ek sien dit kom nog…en ek hou die heeltyd asem op….ek sal maar weer moet asemhaal…en wag!

TTh ·

Die asteriode wat oor Chelyabinsk in Rusland in Feb 2013 verby is was drie maal kleiner as TX68 en het ‘n ontploffing veroorsaak van +_ 300 000 ton TNT, dit het ongeveer 1000 mense beseer en meer as 7000 geboue beskadig. Nasa se webblad verwag TX68 so tussen 5 en 8 Maart hier verby en benader die aarde nogal vanuit die suidelike halfrond. Die onsekerheidsfaktor is baie hoog wat ‘n botsing met die admosfeer nie uitsluit nie, as die rotsie te naby inkom gaan die poppe dans …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.