Asteroïede beweeg dié week ‘naby’ aarde verby

Asteroïede beweeg dié week ‘naby’ aarde verby (Foto: Nasa)

’n Asteroïde met ’n deursnee van sowat 20 m gaan die aarde 12 Oktober (Donderdag) op ’n afstand van 45 000 kilometer mis.

Volgens Nasa-wetenskaplikes veroorsaak dié asteroïde, wat as 2912 TC4 bekend staan, kommer oor die doeltreffendheid van wetenskaplike navorsing wat asteroïde identifiseer, naspoor of selfs om dit in ʼn rigting weg van die aarde te stuur.

Gareth Williams, ʼn direkteur van die International Astronomical Union’s Minor Planet Center, sê 45 000 kilometer is sowat ’n agste van die afstand van die aarde na die maan, wat beteken dat die aarde nie in enige gevaar sou wees nie. Geostasionêre satelliete beweeg oor die algemeen op ʼn afstand van ongeveer 36 000 kilometer weg van die aarde.

“In die ruimte tref voorwerpe soos asteroïde mekaar gereeld – en die aarde is nie ʼn uitsondering nie. Dit is nie onmoontlik dat die aarde in die toekoms getref sal word nie. Om die waarheid te sê, daar is elke paar jaar ʼn geval waar iets die aarde getref het. Hierdie kwessie gaan eerder oor hoe ons in die toekoms so iets kan voorspel,” sê Williams.

Astronome is oortuig dat hulle reeds een derde van die grootste asteroïde geïdentifiseer het ná ʼn program om dié voorwerpe te identifiseer in 1998 van stapel gestuur is.

Die kanse dat ’n asteroïde van ’n kilometer in deursnee die aarde enige gegewe jaar kan tref, word op 1 teen 500 000 geraam, terwyl die kanse dat ’n asteroïde van 140 meter in deursnee met die aarde sal bots, 1 teen 30 000 is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

KLEINTJIE ·

Ek verstaan nie mooi `n vorige artikel wat oor die astroide praat wat op 12 Oktober naby die aarde sal verby kom word dit genoem as 2012C4 en hierdie een word genoem 2912TC4. Is dit twee verskillende astroides of wat.

Stofskoen ·

Kleintjie,
Jy is half reg en die berig is half reg, wat reg is, is 2012TC4

KLEINTJIE ·

Nou net by ons verby so 15 minute gelede.Kan dit`n invloed op ons weer gehad het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.