Baie water op Jupiter-maan ontdek

ʼn Kunstenaarsvoorstelling van ʼn deursnee van Ganymede Grafika: Kelvinsong via Wikimedia Commons

ʼn Kunstenaarsvoorstelling van ʼn deursnee van Ganymede Grafika: Kelvinsong via Wikimedia Commons

Daar is moontlik meer water op die grootste maan in ons sonnestelsel as in al die oseane op aarde saam.

Dié bevinding is pas deur John Grunsfeld van Nasa bekend gemaak.

Die maan, Ganymede, is ook Jupiter se grootste maan, en die oseaan wat skynbaar onder ’n yslaag van 150 kilometer dik lê, is tien keer dieper as die see op aarde.

Daar is voorheen vermoed dat daar ’n oseaan onder Ganymede se yslaag kon skuilhou, maar die omvang daarvan is pas vasgestel. Die ontdekking is gedoen toe daar deur die Hubble Ruimteteleskoop gesien is hoe Jupiter en Ganymede se magneetvelde met mekaar reageer. Deur die auroras by die pole te bestudeer, kon vasgestel word dat daar ’n groot soutwatermassa onder die ys verborge lê.

Ganymede se deursnit is 5 262,4 kilometer teenoor die aarde se maan se deursnit van 3 475 kilometer.

Bron: De Standaard

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.