Bakterieë ryloop dalk na Mars

‘n Voorstelling van Elon Musk se Tesla Roadster in die buiteruim (Foto: Space X)

Elon Musk, grootbaas van Space X, maak geen geheim daarvan nie dat hy kolonisasie van Mars in die oog het. Maar so ’n kolonisasiepogig kan dalk nie die eerste projek wees wat uiteindelik aardse lewe na die Rooi Planeet neem nie.

Navorsers van die Purdue-universiteit in die VSA het navorsing gedoen oor hoe vuil en bakteriebesmet die Tesla Roadster is wat nou onderweg die ruimte in is. Boonop word enige lewe wat onbedoeld aan boord skuil, elke minuut deur kosmiese bestraling en uiterste toestande gebombardeer, en dus grootliks gesteriliseer terwyl dit deur die ruimte klief.

Volgens internasionale regulasies is tuie wat bestem is om op die maan, ’n maan van ’n ander planeet of enige hemelliggaam te land, veronderstel om doeltreffend gesteriliseer te word in vergelyking met tuie wat nie vir landings voorberei word nie.

Die Tesla Roadster is in ’n baan om die son geplaas, en nie veronderstel om eendag te land nie. Dit is egter moontlik dat dit weens konstante swaartekrag van die son, Jupiter, die aarde of Mars van koers gedwing kan word. Dit is teoreties net moontlik dat ʼn stukkie besmette onderdeel ʼn vastrapplekkie kry wat uitbranding in Mars se atmosfeer kan oorleef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

MAK MUIL ·

Ai, ons het so baie probleme………….nou nog dit ook!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.