Bemande reise na Mars nog op koers – Nasa

Kunstenaarsvoorstel

Kunstenaarsvoorstel

Toe hy in 1980 by Nasa aangesluit het, het hy gehoop om die eerste mens te wees wat voetspore op Mars trap, aldus Nasa se direkteur, Charles Bolden. Destyds is gemeen die eerste bemande reis na Mars sou teen 2010 ’n werklikheid word, maar hierdie verwagtinge het geblyk heeltemal onrealisties te wees.

Tog meen Bolden Nasa is goed op koers om by sy huidige teiken van in die jare 2030 tot 2040 te hou. Bolden was onlangs een van die sprekers by ’n geleentheid waar Nasa detail verskaf het oor sy planne om ’n bemande reis na Mars te laat realiseer. Eksperimente in die internasionale ruimtestasie waar bemanningslede nuwe rekords vir langste ononderbroke verblyf in die ruimte opstel maak ’n belangrike deel van die eksperimente uit. Daar word geraam dat ’n bemande reis na Mars en terug minstens 500 dae sal duur.

Nog ’n belangrike verwikkeling is die ontwikkeling van ’n instrument wat koolsuurgas uit Mars se dun atmosfeer sal onttrek, en dit in suurstof en koolstofmonokside sal skei. Die instrument is een van sewe wat ontwikkel word wat in 2020 na Mars geneem sal word om getoets te word.

Die nuwe ruimtekapsule wat ontwikkel word, Orion, en die supervuurpyl, die SLS, sal in 2018 saam in ’n onbemande sending getoets word.

Meer kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan 2 ·

Gaan lees gerus ook op oor die “Mars Direct” projek. Hul kon dit al in die 1980s regkry maar toe dwaal NASA bietjie af oor nonsens projekte (hoe indrukwekkend dit ookal is) soos die ISS wat eintlik geen doel het nie.

Tobie ·

Kyk op youtube na die fake moonlanding. Nasa het al self erken hulle weet nie hoe om verby die Van Allen Radiation belts te kom nie. Kyk bietjie, dis nogal interessant

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.