Ondersoeke deur Seti (Search for Extraterrestrial Intelligence) wat na tekens van buiteruimtelike lewe soek, kon geen teken vind dat die onlangse besoeker van buite ons sonnestelsel lewe bevat nie.
Die besoeker van 400 m lank, Oumuamua, se sigaarvorm het wetenskaplikes by Seti se afdeling Open Listen onder die indruk gebring dat die besoeker moontlik ’n ruimteskip kan wees. Miljoene potensiële bandwydtes, asook bandwydtes wat hop, is nagegaan maar geen teken is gevind dat daar lewe op die besoeker is nie.
Oumuamua is op 19 Oktober 2017 deur die Universiteit van Hawaii se Pan-STARRS 1-teleskoop op die Haleakala-vulkaan opgespoor. Dit het met ’n oop paraboliese baan deur ons sonnestelsel geskiet, en teen ’n baie groot spoed van byna 100 000 km/h getrek. Ter vergelyking, die tuig wat op aarde gemaak is en die hoogste spoed in die ruimte kon haal, Voyager 1, het ’n spoed van sowat 17 kilometer per sekonde gehaal nadat dit deur die gebruik van die slingervelmetode eers deur Jupiter en toe Saturnus versnel is.
Intussen het ’n span navorsers van verskillende lande, gelei deur ’n span van Queens-universiteit in Belfast, tot die gevolgtrekking gekom dat die besoeker van ’n planetêre sterrestelsel baie soortgelyk as ons eie kom, en al miljoene jare deur die ruimte trek.
Dit is rotsagtig, gemeng met waterys, en het ’n half meter dik “kors” van organiese materiaal wat goed deur kosmiese strale gebak is. So deeglik is dié laag gebak dat toe Oumuamua so na aan die son gekom het dat dit aan temperature van 300 grade C blootgestel is, die ys nie kom smelt nie. Dit toon groot ooreenkomste met ruimtevoorwerpe in die son se Kuipergordel.
Bron: Newatlas
Waar kan mens meer inligting oor die kry
Meer inligting: tik net Oumuamua in op Google – daar is heelwat inligting op Wikipedia ens.
Dagse Meer Inligting
Die bron van die berig is https://newatlas.com/radio-oumuamua-interdtellar-probe/52640/?utm_source=Gizmag+Subscribers&utm_campaign=d98a58695b-UA-2235360-4&utm_medium=email&utm_term=0_65b67362bd-d98a58695b-91669973
Groete
Phillip Bruwer, nms. Maroela Media
61 km/h moet 61000 km/h wees.
Dagsê RB, dankie vir jou valkoog. Die berig is gewysig.
Groete
Phillip Bruwer, nms Maroela Media
Die vergelyking van iets wat teen 100 000 kilometer per UUR beweeg met iets wat ‘n snelheid van 17 kilometer per SEKONDE het, kan rêrig nie begryp word sonder om ‘n sommetjie te maak waarvoor die meeste mense na ‘n sakrekenaar sal wil gryp nie. Maar ja goed, kom ons doen dit ter wille van geïnteresseerdes. Daar is 60 x 60 sekondes in ‘n uur en die geslingerde Voyager 1 sou dus in /n uur 17 x 60 x 60 kilometer aflê. Dit is 61 200 km/h — nie aardskuddend stadiger as 100 000 km/h nie. Of is my som verkeerd?
Jy’s reg.
(Vervolg)
Wil nou lyk of iets dalk kon weggeval het wat die ware toedrag van sake verduidelik, maar ek is nie seker nie.
wel dit lyk net na n stuk rots en as eimand wil se dit is n ruimte skip wys my dit wil dit kan sien en aan raak anders is dit net n op gemaakte storie wat nou weer uit gedink is om aan dag te trek en dit te regverdig vir die geld wat gespandeer word om daar sterre wag te te onder hou en te beman