Bestaan daar ruimte-seilskepe ver weg?

'n Voorstelling van 'n ruimte-seilskip (Foto: M. Weiss/VfA)

‘n Voorstelling van ‘n ruimte-seilskip (Foto: M. Weiss/VfA)

Een van die tergendste ruimtegeheime van alle tye – sogenaamde kort radio-uitbarsting – mag dalk ’n baie onwaarskynlike verklaring hê.

Volgens die jongste navorsing van ʼn groep navorsers van Harvard-universiteit word dié radio-uitbarstings moontlik deur ruimte-seilskepe, van beskawings baie ligjare ver van die aarde, veroorsaak.

Die eerste massiewe maar kort radio-uitbarsting is in 2007 waargeneem, en sedertdien minder as twee dosyn keer. Die oorsprong van hierdie uitbarstings, afgekort as FRB’s, is onbekend, asook watter soort ruimtevoorwerp in staat sou wees om dit voort te bring.

Die uitbarsting duur minder as ’n duisendste van ’n sekonde, maar stel meer energie vry as selfs ’n pulsar. Trouens, die helderheid is tientalle miljarde keer meer as dié van ’n pulsar.

Volgens ’n groep teoretici van Harvard kom die uitbarstings presies ooreen met die tipe energie-vrystelling wat nodig sou wees om seil-ruimteskepe teen groot snelhede na hul bestemmings te lanseer.

Van die 17 FRB’s wat al waargeneem is, het een herhaal. Hulle kom van sterrestelsels baie ver vandaan, en teorieë oor wat hulle sou veroorsaak, is volop.

As dit ’n mensgemaakte voorwerp is, sou dit ’n oppervlak groter as dié van die aarde moet hê. Dit gebruik in daardie breukdeel van ’n sekonde meer energie as wat Suid-Korea in ’n jaar verbruik.

Die dokument met hierdie idees is vir publikasie in die Astrophysical Journal Letters aanvaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wicus ·

Dankie Herman, hou asb aan met hierdie interessante rubrieke, soos ook die oor versonke landmassas.

Ek glo daar is wel intelligente lewe in die ruimte maar ek twyfel of daar kontak gemaak sal word in ons leeftyd.

Melt Olckers ·

Wicus, ‘n mens weet nooit wanneer so ‘n eerste kontak sal plaasvind nie. Wat wel seker gaan wees, is dat ons nie daarop voorberei is nie. Dit kan dieselfde effek he soos toe Cortez in Suid Amerika aangekom het. Dit was ook vir die Suid Amerikaanse inboorlinge onverwags gewees, en het gelei tot die val van hulle beskawing.

Reinhardt ·

Ongelooflik interessant! Ek stem met Wicus, asseblief meer sulke rubrieke.

Jan ·

Enige iets is moontlik in so ń groot heelal. Die wetenskap kon nog nie bepaal hoe groot die heelal is nie. Ons weet wel dat die heelal ” expand” en dat die tempo van “expansion” besig is om toe te neem. Die son is ongeveer halfpad deur sy lewensiklus en teen die tempo waarteen evolusie plaasvind gaan daar totaal ander spesies van lewe op planeet Aarde wees teen die tyd dat die son oor miljoene jare uitgebrand sal wees. Dis te sê as die Aarde nog nie vroeër tot ń einde gekom het agv die mens se toedoen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.