Ruimtevaarders aan boord die Internasionale Ruimtestasie het vir die eerste keer daarin geslaag om blomme aan boord te kweek en te laat blom. Die blomme is van die helderkleurige Zinnia Magellan, ’n inheemse blom van veral Mexiko.
Die kweek van die blomme maak deel uit van ’n projek, bekend as Veggie, wat ten doel het om vars groente vir lang ruimtereise te kweek. Voorheen is ’n soort Italiaanse blaarslaai gekweek, en ’n deel daarvan deur die bemanning van die ruimtestasie geëet.
Nasa beoog om teen 2018 tamaties aan boord van die ruimtestasie te kweek.
Bron: Christian Science Monitor, NASA
Yes, there are other life forms in space! #SpaceFlower #YearInSpace pic.twitter.com/BJFWvQXmBB
— Scott Kelly (@StationCDRKelly) January 16, 2016
How does your garden grow? Here's how my #spaceflower came to bloom: https://t.co/DbmTqqJopf #YearInSpace pic.twitter.com/kl1bxI96PJ
— Scott Kelly (@StationCDRKelly) January 16, 2016
#SpaceFlower out in the sun for the first time! #YearInSpace pic.twitter.com/Cghu9XGv1J
— Scott Kelly (@StationCDRKelly) January 17, 2016
Heel interessant. Was seker lekker vir die manne om iets “aards” te kon sien! Wonde hoe het hulle hierdie spesifieke plant uitgekies vir hul eksperiment!
Interessant maar waarheen wil ons so lank reis? Mars is maar n paar maande weg. Nasa en EU dink net nog nutlose projekte vir hul uitgediende ISS uit. Kon hul dit nie op Skylab of MIRR (nie seker van die spelling nie) gedoen het nie…los die twak ek gaan mars toe!!!