Wat eens beskou is as een van die naaste bruin dwergplanete aan die aarde, blyk nou eintlik ’n vrydrywende planeet te wees.
Wetenskaplikes van die Carnegie-instituut het pas SIMP0136 van bruin dwerg tot planeet herklassifiseer nadat vasgestel is dat sy massa net-net binne die perke van ’n planeet val.
Die temperatuur van die hemelliggaam is egter 830 grade Celsius, en dit sal nog 10 miljard jaar neem om nul te bereik, en uiteindelik tot minus 270 grade afkoel.
Die planeet se massa is bereken deur die grootte en die ouderdom van die liggaam te vergelyk.
Om die ouderdom te bereken, is sy snelheid met dié van nabygeleë hemelliggame waarvan die ouderdomme bepaal is, vergelyk, en dit het geblyk identies te wees met ’n groep bekend as Carina-Near. Carina-Near se ouderdom is 200 miljoen jaar.
Vir duidelikheid, voor die samesweerders teoriste uit die takelwerk begin kruip…. Hierdie bruin dwerg is nie naby die aarde of binne-in ons sonnestelsel nie. Dis 20 ligjare weg in die sterrestelsel Pisces (die Vis).
Die beginsin moet sekerlik van ‘n “bruin dwergster” praat, nie “planeet” nie. Is die punt nie juis dat dit herklassifiseer is vanaf ‘n ster tot ‘n planeet nie?