‘Bytmerk’ op Pluto verklaar

Foto: Nasa

Foto: Nasa

’n Verskynsel op die oppervlak van Pluto wat soos ‘n bytmerk lyk, is verklaar.

Volgens Nasa is dit nie een of ander ruimtemonster wat eens aan Pluto kom knibbel het nie. Die merk is veroorsaak deurdat die metaanryke geyste oppervlak op hierdie plek in gas omgesit het sonder om deur ’n vloeibare stadium te gaan, en die harde oppervlak van hoofsaaklik waterys daaronder blootgestel het.

Die proses staan as sublimasie bekend, en is ook die proses wat plaasvind wanneer ’n komeet die son nader, en die vrygestelde gas met stofdeeltjies daarin vasgevang, die bekende koma vorm.

Lees meer: Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

cr ·

Ek het geweet daar bestaan vlieende pierings maar het nie geweet die monsters in die pierings is so groot nie. Wys jou nou net. Ek sidder om te dink dat hulle nog op die aarde ook ‘n draai kan kom maak! Wonder net waar bly hulle?

se maar net ·

Is jy seker die ruimte monsters is nog nie hier gewees nie. Die ruimte monsters se etery sal dalk n paar gebeurtenisse in die parlement kan verduidlik

Joe ·

Ja, dis ‘n verwonderde verskynsel. Die metaangas kom seker van die monster af toe hy klaar geeet het.

wolf ·

Dit sal goed wees as hy by Suid Afrika ‘n draai kom maak, dan kan hy sommer gaan knibbel by die wat verantwoordelik is vir al die moorde in die land.

Kobus ·

Die monsters ws al hier gewees, dit suig net die breins van sekere mense uit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.