China bou yslike radioteleskoop

FAST-radioteleskoop Foto: news.cn

FAST-radioteleskoop Foto: news.cn

China beoog om in 2016 die grootste radioteleskoop ter wêreld te voltooi, en die land sodoende eerstehandse toegang tot uitstekende data te gee. Die Chinese meen die tweedehandse data waarvan hulle tot dusver afhanklik was, het die land se vordering met ruimtevaart gestrem.

Die nuwe teleskoop, wat as die “Five-hundred-meter Aperture Spherical Telescope”, of “FAST” bekend sal staan, sal groter wees as die Amerikaanse Arecibo-radioteleskoop in Puerto Rico.

Die nuwe teleskoop se reflektor is na berig word sowat 100 meter in deursnee, en bestaan uit 4 450 panele. Die hele skottel se deursnee is sowat 500 meter wat dit in staat sal stel om drie keer verder in die ruimte in verkenning te kan doen as Arecibo.

Daar is geen dorp binne ’n radius van drie kilometer van die teleskoop af nie.

Lees meer: Christian Science Monitori09, Xinhua

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.