China se ruimtestasie sal in 2017 terugval Aarde toe

Tiangong-1 Foto: pics-about-space.com

Tiangong-1 Foto: pics-about-space.com

China se eerste ruimtestasie, Tiangong-1, sal na verwagting in die tweede helfte van 2017 terugval Aarde toe, ná ongeveer ses jaar in die ruimte.

Tiangong-1 is in September 2011 gelanseer en het in Maart vanjaar sy datadiens afgehandel toe hy “omvattend sy geskiedkundige sending vervul het”, het Wu Ping, adjunkdirekteur van die bemande ruimte-ingenieurskantoor gesê.

Volgens Wu is die ruimtestasie nog heel en in ʼn wentelbaan met ʼn gemiddelde hoogte van 370 km. Die ruimtestasie was vier en ʼn half jaar lank bedrywig, twee en ʼn half jaar langer as waarvoor dit ontwerp is. Dit het by die Shenzhou-8, Shenzhou-9 en Shenzhou-10-ruimtetuie aangesluit en het ʼn reeks take afgehandel en belangrike bydraes gelewer tot China se bemande ruimtestasie-projek.

“Gebaseer op ons berekeninge en analisa, sal meeste dele van die ruimtelaboratorium uitbrand wanneer dit na die aarde terugval,” het sy bygevoeg. “Dit is onwaarskynlik dat lugvaartbedrywighede hierdeur geraak sal word of dat dit enige skade sal aanrig wanneer dit die grond tref.”

Volgens Wu stel China die bestuur van ruimterommel hoog op prys en word navorsing en toetse gedoen om die impak te verminder en dit op te ruim.

China sal steeds die Tiangong-1 monitor en ʼn waarskuwing uitreik indien dit moontlik enige voorwerpe gaan tref. China sal ook, indien nodig, ʼn voorspelling uitreik van die ruimtestasie se val en internasionaal daaroor berig.

China se Tiangong-2-ruimtestasie is verlede Donderdag gelanseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.