China wil straatligte met kunsmaan vervang

Die maan. Foto: Bill Ingalls/NASA

ʼn Chinese stad se planne om straatligte met ʼn kunsmaan te vervang, sal nie “vlieg” nie.

Só meen die kenner, Willie Koorts, wat ʼn gereelde paneellid van die RSG-program, Sterre en Planete, is.

ʼn Kunsmaan wat 500 kilometer bo die aarde wentel, kan teen 2020 minstens een Chinese stad saans van lig voorsien, in plaas van straatligte, as stadsamptenare in Chengdu se planne ʼn werklikheid word.

Die stad wil ʼn satelliet lanseer waarvan die spieëlagtige buitekant sonlig na die aarde sal weerkaats. Só ’n kunsmaan sal agt keer helderder as die werklike maan skyn. Die kunsmaan se lig, bestaande uit gereflekteerde sonlig, kan aan en afgeskakel word, en die maan kan ook elders heen verskuif word om in noodsituasies te gebruik.

Die besparing aan elektrisiteit sal jaarliks sowat $175 miljoen beloop.

Maar ook prof. Matie Hoffman, aan die stuur van die digitale planetarium in Bloemfontein en ook ʼn paneellid van Sterre en Planete, is baie skepties oor die planne, en het dit as “skrikwekkend” beskryf.

Hy wys daarop dat die “maan” op ’n hoogte van slegs 500 kilometer blitsig om die aarde moet beweeg, en beslis nie net een plek se straatligte oorbodig sal maak nie.

Koorts wys daarop dat op die hoogte van 500 kilometer daar ’n groot sleurfaktor van die atmosfeer sal wees. Baie groot lugbesoedeling sal volg as die “maan” uiteindelik neerstort.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

marco polo ·

As ek nou ooit fopnuus gehoor het, moet hierdie dit wees. Daar word gepraat van Chengdu, een van die stede in China wat die meeste wolkbedekking het en die rede waarom meisies van Chengdu wit velle het en as die mooistes in China beskou word. Al ooit gesien hoe helder is die maan met wolkbedekking? Ek ook nie.

Skepties ·

Wat is die effek wat die maan op die weer en hidrosfeer sal hê? Die maan beïnvloed mos getye en ‘n groot satelliet so naby aan die aarde sal mos ook ‘n effek hê. Daarby moet ook onthou word dat bome en plante groei solank as wat dit lig is. As hulle nie slaap nie groei hul hulself later dood – en dié idee sal dus ‘n groot area se plante laat vrek. Nee wat, dit is ‘n effens ondeurdenkde droom

RB ·

Die ware maan beïnvloed getye weens sy relatief groot massa. Die satelliet se massa is klein en gaan geen opletbare effek hê nie (Waarskynlik ligter as ‘n vol 747).

Maar itv die lig stem ek saam, dit word aand (en donker) vir baie goeie redes.

Netso ·

Dis ñ goeie geldmaak storie! Ek sal graag wou weet hoe dit plantegroei sal beinvloed en dan kan jy weer die blond vra wats die vêrste.. Dbn of die maan?

Herman Toerien ·

Ek moet bieg. Ek het Willie Koorts se skrywe in sy laaste sin verkeerd verstaan. Dis nie oor die “mane” wat val en “lugbesoedeling” sal veroorsaak dat hy bekommerd is nie. Hy meen die mane sal heeltemal in die atmosfeer uitbrand. Dis oor die LIGbesoedeling wat hy (en van die lesers) bekommerd is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.