Curiosity weer vlot

Curiosity (Foto: Christian Science Monitor)

Curiosity (Foto: Christian Science Monitor)

Nasa se robottuig op Mars, Curiosity, is weer ten volle funksioneel nadat sy rekenaar byna ʼn week gelede na veilige modus oorgeskakel het en die tuig feitlik alle funksies gestaak het.

Die tuig het ook nie verder met die aarde gekommunikeer nie.

Dit is die derde keer sedert Curiosity op Mars geland het, dat dit na veilige modus oorskakel. Dit gebeur meestal ná ʼn kosmiese storm wat dele van die tuig buite werking laat raak.

Dié keer was die probleem intern. Die program wat foto’s wat geneem is na die rekenaar se hoofraam moes oordra, se programmatuur het vermoedelik die beelde as indringers gelees. Tegnici het ʼn alternatiewe roete vir die oplaai van die foto’s geskep.

Curiosity se jongste teenspoed kom kort nadat Nasa aangekondig het die projek met Curiosity is met twee jaar verleng.

Benewens die rekenaarprobleme, het Curiosity al verskeie probleme oorkom. Hy het ʼn arm gebreek, op ʼn heuwel gestrand geraak en een van sy kameras kon nie meer fokus nie. Al die probleme is met die hulp van langafstandtegnologie van die aarde af reggemaak.

Curiosity fokus onder meer daarop om uit te vind hoe die eens nat, bewoonbare gebiede verander het na die droë, stowwerige oppervlak waarmee Mars verbind word.

Die tuig baan ook die weg vir die bemande sending na Mars in 2030.

Bron: Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

KLEIN ·

CURIOSITY bly stil want hy wil nie die mensdom op loop jaag met wat hy bevind nie. (robotte met kunsmatige intelegensie)

Johan 2 ·

Lyk of hy hard werk om oor daai terein te beweeg, arme dingetjie kort n was ook! Sal darem lekker wees om op so projek te werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.