Curiosity word duinebesie by ‘Windhoek’

Curiosity se reis op Mars sedert sy aankoms op die Rooi Planeet.  Die donker duine is regs op die foto. Nasa- JPL

Curiosity se reis op Mars sedert sy aankoms op die Rooi Planeet.  Die donker duine is regs op die foto. Nasa- JPL

Nasa se robottuig op Mars, Curiosity, gaan binne enkele dae vir die eerste keer begin om van Mars se duine te ondersoek. Die duineveld waarheen die tuig nou op pad is, staan informeel as die Bagnoldduine bekend, en is donkerkleurig. Dit is aan die voetheuwels van berg Sharp geleë wat Curiosity geleidelik besig is om te bestyg. Die duine beweeg teen ongeveer ‘n meter per jaar.

Die kwadrant waarin die duine voorkom, staan as Windhoek bekend juis oor die teenwoordigheid van die duine. Namibiese astronome het verskeie plekname uit Namibië aan Nasa voorgelê om aan uitstaande kenmerke in die Windhoek-kwadrant toe te ken.

Curisity sal ook van die duine se materiaal in sy aan boord laboratorium ondersoek.

Bronne: CS Monitor en Astronomy.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wicus ·

Dankie Herman, ek geniet die tipe beriggewing baie, iets anders wat mens weglei van al die swaarmoedigheid! Doen so voort.

adrian ·

Stem wicus die heelal is so interresant lees op internet die volgende; the blue dot …. asook : cosmonauts lost in space

Peet Schabort ·

Natuurlik het Dr. Japie van Zyl ook hiertoe bygedra.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.