Dawn-satelliet se sending wéér verleng

ʼn Kunstenaarvoortelling van Dawn (Foto: Nasa)

Dawn, die Nasa-satelliet wat sedert 2015 om die dwergplaneet Ceres in die asteroïdegordel wentel, se sending is vir die tweede keer sedert 2015 verleng.

Nasa het vandeesweek bekend gemaak dat dié tuig op sy finale sending 200 km bokant Ceres se oppervlak sal wentel, en veral lesings van gammastrale en neutrone gaan neem.

Dawn sal steeds in die wentelbaan wees wanneer Ceres volgende jaar in April op sy naaste punt aan die son kom. Wetenskaplikes verwag dat die son van die planeet se ys sal smelt en in waterdamp omsit, sodat Ceres kortstondig oor ’n baie yl atmosfeer sal beskik. Dawn sal dié teorie dán kan bevestig.

Anders as met Cassini sal Dawn nie aan die einde van sy sending vernietig word nie.

Wetenskaplikes wil voorkom dat Ceres dalk aan besmetting van die aarde blootgestel word, en Dawn sal daarom rondom Ceres bly wentel, lank nadat die aarde teen die tweede helfte van 2018 kontak met die tuig verloor het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.