Dee Dee laat hoop opvlam om Planeet 9 te vind

Kunstenaarsvoorstel van planetêre ontdekkings deur die Kepler-teleskoop Grafika: NASA/W. Stenzel

Die ontdekking van ’n hemelliggaam wat sowat 635 km in deursnee is en wat baie ver op die buiterand van die Kuipergordel is, het die hoop laat opvlam dat die tegnologie wel bestaan om die ontwykende Planeet 9 op te spoor.

Dié nuutontdekte hemelliggaam, bekend as Dee Dee, is op die oomblik 92 astronomiese eenhede van die aarde af en dit neem lig van die son 13 uur om Dee Dee te bereik.

Die dwergplaneet se temperatuur blyk sowat -234 °C te wees.

Die navorsers meen daar is nog wêrelde om in ons son se agterplaas om te ontdek.

Planeet 9 is ’n hipotetiese planeet wat vermoedelik tien keer so groot as die aarde is en wat sowat tien keer verder as Pluto van die aarde af om die son sou wentel. So ’n planeet sou baanversteurings van buite-planete kon verklaar.

Bron: Astronomy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Francois ·

Hi Herman. Interressante onderwerp. Daar is n paar jaar gelede reeds n indiepte studie gedoen oor die onderwerp. Kruisverwysings sluit in die Bybel, 2 Petrus 3, maar nie Openbaring 8 nie. Ook in n hele paar parallel Bybels, en veral die Sumeriese skrif. Uit die Profisiee sien ons baie verwysings daarna, Mother Shipman, Nostradamus, Caesarius Heisterbach, Bernard Bouvier, Alois Irlmaier om regtig net n paar te noem. Sy naam volgens die Sumeriese Skrif is Nibiru, Marduk, Blue Star, Death Star ens. Dit wil lyk asof Openbaring 12 ook direk hiermee verband hou. Die beeld kom hierdie jaar voor die 23ste van September geverifieer met die program Redshift. Voor dit moet n paar ander gebeure ook in plek val. n Nuwe Midde Ooste Oorlog, n revolusie in SA, en n 3de WO. Die tafel is reeds gedek vir vooraf genoemde, en dit sal ingelei word met die Doller se val. Volgens Bernard Bouvier moet daar in April / Mei van een of ander jaar bekend gemaak word dat n hemelliggaam ontdek is wat die aarde se baan gaan kruis… Net tyd sal leer…

Antjie ·

Dis heerlike alternatiewe leesstof tot al die tragiese ongelukke en politiek! Ons het positiewe gebeure baie nodig. Baie dankie!

Nico K ·

Ek dink die belangrike voorspelling in Francois se stuk is dat daar ‘n nuwe hemelligaam in EEN OF ANDER jaar ontdek gaan word. Siende dat daar redelik gereeld nuwe hemelliggame ontdek word kan die voorspelling EEN OF ANDER tyd waar word. Sy voorspelling is dus redelik veilig. ‘n Mens moet jouself nie te vas maak met voorspellings nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.