Dís die toekoms van Elon Musk se Tesla Roadster

Elon Musk, die eienaar van Space X, se eerste Tesla Roadster is aan boord die vuurpyl (Foto: Nasa)

Anders as die voorstellings dat die Tesla Roadster wat saam met die Falcon Heavy gelanseer is oor miljarde jare nog ongeskonde gaan wees, gaan die aanslag van die ruimte gou merke laat.

New Atlas berig dit sal glo binnekort lyk of die motor iewers in Suid-Afrika langs die pad gaan staan het, want die bande sal skoonveld wees, asook ander items van materiaal wat normaalweg nie aan ruimtetoestande onderwerp word, en spesiaal daarvoor ontwerp is nie.

Onder die bestraling waaraan die Roadster en sy pop-bestuurder blootgestel gaan word is kosmiese bestraling, ultraviolet-bestraling, X-strale en gammastrale. Temperature gaan van ver onder vriespunt tot ver bo kookpunt wissel.

Die Roadster sal in ’n baan net verder as Mars elke 1,6 jaar om die son wentel. Dit kan ook oor miljoene jare teen Mars of die aarde bots, of in die son ingeslinger word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Karin ·

Ag, hy moes maar die mooi motorkar vir hierdie ouma present gegee het. Ek sou dit mooi opgepas het!

Vraagteken ·

Ons moet dalk nie te vinnig opgewonde raak nie; Tesla wys nie ‘n wins op enige van hul voertuie nie. Hulle maak tans hul geld uit alleenlik beleggers.

Niel ·

ek geniet dit om soms so elke paar dae gou te loer na die “starman” op youtube wat regstreeks uitgesaai word. Dit is duidelik een van die beste “gratis” bemarkingsfoefie wat ooit adverteer is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.