Donker materie ʼn illusie, sê wetenskaplike

Erik Verlinde. Foto: Science20.com

Erik Verlinde. Foto: Science20.com

Erik Verlinde, ’n Nederlandse wetenskaplike wat meen donker materie is net ’n illusie, het met ’n algeheel alternatiewe idee vorendag gekom oor hoe swaartekrag ’n draaiende sterrestelsel bymekaar kan hou.

Die idee van donker materie wat vyf keer soveel as gewone materie moet wees om die teenwoordigheid van swaartekrag te verklaar, is 80 jaar gelede gevorm.

Verlinde skryf die verskil tussen sigbare materie en die hoeveelheid swaartekrag teenwoordig toe aan ’n afwyking van swaartekrag oor groot afstande. Hy werk al jare lank aan sy alternatiewe idees.

Nou het nog ’n Nederlandse sterrekundige, Margot Brouwer, Verlinde se teorieë aan meer as 33 000 stelsels getoets en dit het strykdeur geklop. Haar verslag het pas in die Monthly Notices of the Royal Astronomical Society verskyn. Sy wys egter ook daarop dat die bestaande denke oor donker materie ook klop.

Ander wetenskaplikes meen egter Verlinde se werk is te yl om te bepaal of dit werklik water hou.

Bronne: Trouw, Quora.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ludwig ·

Dit is fantasties dat daar mense is soos Erik Verlinde.

So baie kwasi-wetenskaplikes en nie-wetenskaplikes dink baie keer as mense soos Einstein ‘n teorie opstel dat dit is die antwoord op alles en nog wat. Dit is nie hoe wetenskap werk nie. Wetenskaplikes maak stellings / teorieë en probeer dit dan bewys. Al word dit as reg bewys beteken dit nie daar is ander moontlikhede ook is nie. So was ek al geleer in graad 11.

Evolusie is ook so teorie soos donker materie. Dit is slegs een moontlike tydelike waarheid.

Victor ·

Wat het die artikel met evolusie te doen? En ja, evolusie is ‘n wetenskaplike teorie, nes gravitasie. Dit is egter nog nooit gevalsifiseer nie, en as jy dan so baie weet, hoekom gaan publiseer jy dit nie en vra vir jou Nobel prys nie?

Victor ·

Ek probeer jou antwoord maar dis byna onmoontlik met my kommentaar wat nie geplaas word nie. Daardie webwerf is nie ‘n wetenskaplike bron nie. Ek is wel bekend daarmee en ek sou graag wou hoor watter wetenskaplike bewyse jy het vir jou “leuens” kommentaar

JC ·

Dankie vir die kort en kragtige artikel Herman, wonderlik!
Die vreemde, hoogs teoretiese en botweg absurde wereld van donker materie…
Die verduideliking en oorsprong daarvan dink ek sal selfs kwantum fisika ‘n les kan leer wanneer dit by vreemdheid kom!!

Kaufman ·

Dit maak sin. Nederlanders is baie slim mense en ons kan trots wees om hulle gene te dra.

Ai ·

Nee man. Die naskrif van hierdie artikel vertel meer van die skrywer as wat die skrywer in die artikel sê oor die nuwe teorie. Sou graag meer tegniese verduideliking wou sien.

Ou Professor Doktor Fisikus Bosvark ·

Ai, ek verstaan gladnie die fisika begrippe soos vervat in paragrawe 2 en 3 nie. Kan net raai.

Wat is die meetbares in paragrawe 2 en 3? Wat word met wat vergelyk? Wat is die verbandskappe soos in formules?

Voorstel: dat alle Maroela Media artikels met ‘n natuurwetenskaplike basis eers deur ‘n vakspesialis geredigeer word alvorens Maroela Media die artikel publiseer.

Verder: Wollerige ongefundeerde stellings en artikels is niksseggend. Soos die bekende stelling in die kwaliteitswêreld lui: “In God we trust, all the others bring the data.” Dieselfde geld vir die “donker materie”-denke.

MissDemeanor ·

Sal dalk help as hul ook ‘ n “link” plaas na die oorspronklike navorsings artikel, of tenminste na ‘n artikel in ‘n populere wetenskaplike tydskrif wat die navorsing op ‘n wetenskaplike maar verstaanbare wyse oordra na die algemene publiek. Die artikel is in die trant van iets met die opskrif “swart gate is nie regtig gate nie” en inhoud “mense het goed gemeet en gesien dis nie ‘n gat nie.

Herman Toerien ·

Die bronne / skakels word juis aangebring sodat mense ook die oorspronklike artikels kan lees. Lees ‘n mens Trouw se berig in isolasie word die indruk geskep van nuwe ontdekkings / teorieë, terwyl Verlinde al etikee jare daarmee besig is. (Google het heelwat trefslae soos ‘n ander leser uitwys). Die nuus is dat nog ‘n wetenskaplike sy teorieë gaan toets het en vind dit klop …maar so ook die hoofstroomdenke oor donker materie.
Kortom, as ‘n mens bv ‘n vertaling van die oorspronklike wetenskaplike artikel gaan plaas gaan baie min lesers iets daarvan uitmaak. Die grootste probleem is egter dat ‘n mens gewoonik moet betaal om toegang tot die oorspronklike vaktydskrif te kry, met die gevolg is dat artikels gewoonlik saamgestel word uit die opsomming in die vaktydskrif, en ‘n verwerking van die beste beskikbare artikels in ander publikasies daaroor (wat wel toegang tot ddie vaktydskrif gehad het).
‘n Mens het gewoonlik ‘n keuse tussen ‘n taamlik vae, maar so ver moontlik leke-verstaanbare artikel, met die skakels vir diegene wat dit wetenskaplik wil deurgrond. Die alternatief is dat die inligting algeheel van die lesers weerhou word.

Wern ·

Moet asseblief nie info weerhou nie, en dankie Herman vir die interessante berig. Die wat meer info wil he kan enige tyd dit google.

Abraham ·

Google: Erik Verlinde & University of Amsterdam dan kry mens meer.
Ook: WikiPedia het ‘n skrywe re die Prof.

(vir die wie se nuuskurigheid te veel is)

Abraham ·

arxiv.org ’emergent gravity and the dark universe’ vir nog meer!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.