Dwergplanete lewer steeds raaisels en verrassings

Die “stopteken” op Ceres Foto: Nasa

Die “stopteken” op Ceres Foto: Nasa

Hoewel die New Horizons-tuig reeds sowat 250 kilometer verby Pluto en sy mane is, stuur dit steeds verstommende data en foto’s na die aarde terug.

Onder die jongste tel verskeie vulkane in ’n gebied wat informeel as Vega Terra bekend staan, en waar die kraterrande met helder metaanys versier is sodat die kraters soos stralekranse lyk. Die vraag is hoekom ook ander kraters op Pluto nie oor die stralekranse beskik nie.

Intussen het die Dawn-tuig, wat nou om ’n ander dwergplaneet, Ceres wentel, ’n krater afgeneem wat die hoekige kante van ’n stopteken vertoon. Die wetenskaplikes meen dit is weens insakking waar die insakking langs breuklyne geskied het toe die area moontlik deur ’n meteoriet getref is.

Lees meer in die Christian Science Monitor: hier en hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Josua ·

Hierdie lyk vir my soos n metaal plaatjie wat vol sweis spatsels is met n bietjie stof op om dit n grond oppervlak effek te gee, ek het nog altyd gewonder hoe eg die tipe fotos is. Daar is inorme geld betrokke by projekte waar teleskope in die ruimte ingestuur word om fotos te neem en ander lewe te gaan soek en die mensdom kan so maklik om die bos gely word, sit n paar nule aan ‘n jaar totaal en mense glo dit, as ‘n planeet bv 100000000jaar oud is volgens wetenskaplikes hoe het die ouens dit bepaal??? Die mensdom is ongeveer 7000-8000 jaar oud hoe die Joos gaan ons dan weet of iets miljoene jare oud is as ons as mensdom nog nie eens so oud is nie, en die mensdom val daarvoor want die nule is die “waw” faktor en persepsie agter al die bog. Jy sukkel soms om ‘n selfoon foto behoorlik “gedownload” te kry maar fotos kom perfek miljoene kilometres van die aarde af by ons uit…… Bog!!!!

Alex ·

Wie het jou vertel dat die mensdom 7000-8000 jaar oud is? Dit klink ook na bog!

Paul ·

Ook maar goed daar is mense wat wetenskap beoefen, of hoe, Josua. Gelukkig maak dit nie saak wat jy glo nie.

Reinhardt ·

Josua, ons maak gebruik van carbon dating en die parallaks metode om ouerdom en afstande te bepaal. Ek het nounet n helse lang verduideliking vir jou getik maar toe bom my kommentaar uit. So gaan google dit gerus. Dit kom basies daarop neer dat ons kyk na die aantal C-14 atome in organiese material en vergelyk dit met C-12 atome wat constant is. Dan vergelyk ons die voorwerpe met lewendige organisms en bepaal die verwantskap en die ouderdom. Met planete werk ons die afstand uit met die parallaks wiskundige metode, met die afstand en snelheid van lig kan ons dan die tyd uitwerk. Die ou wat vir jou gese het die aarde is 7000j oud weet glad nie waarvan hy praat nie, as hy dit kan bewys dan kan hy gerus sy nobel prys gaan afhaal.

Snippie ·

Interessant die menslike figuur op die foto indien die foto bietjie vergroot word

Stormrider ·

Joshua skeer net die gek met julle manne. Hy’s nie regtig oningelig nie.

Theuns ·

Baie Dankie Herman. Joshua jy kan dit maar glo. Dit is waar! Nasa het wiskunde en wetenskaplike programme wat presies verduidelik hoe die ouderdom van planete en sterre bepaal word en die afstande van hemel ligame van die aarde af . Moet nie eers praat van die metodes wat gebruik word om die elemente waaruit planete bestaan te bepaal nie. Dit is so fantasies om in die hemelruim te kuier dat ek vir jou kan se” It will blow your mind” Jy sal ook n besef kry van die Grootheid van on Skepper, GOD!

Kosie ·

250km??
Wat is 250km nou tussen vriende, of is dit planete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.