Die stelsel is eers in 2013 ontdek, en die studie is pas afgehandel.
Tydens die ondersoek is daar tot die gevolgtrekking gekom dat die stelsel uit net twee bruin dwerge bestaan, en daarom so moeilik was om op te spoor.
Van ’n derde bruin dwerg, wat aanvanklik vermoedelik ook deel van die stelsel sou wees, was daar egter geen spoor nie.
Die vermoede dat daar ’n derde liggaam teenwoordig sou wees, het ontstaan nadat die Europese Very Large Telescope die stelsel se bewegings ondersoek het.
Hubble het egter alle moontlikhede van ’n derde liggaam uitgeskakel.