Eksoplanete beter bekyk

Die Cheops-satelliet (Foto: Europese Ruimteagentskap)

’n Satelliet wat gespesialiseerde observasies van eksoplanete gaan doen, het pas ’n rygeleentheid na die ruimte gekry.

Die satelliet, Cheops, is ’n projek van die Europese Ruimteagentskap en sal na verwagting teen die einde van 2018 gereed wees vir lansering. Geen lanseerdatum is egter nog bekend gemaak nie.

Cheops sal deur ’n Soyus-vuurpyl van die Europese Ruimteagentskap se lanseerterrein by Kourou in Frans-Guyana gelanseer word.

Kort ná die lansering sal die satelliet van die vrag geskei word vir hul onderskeie wentelbane. Cheops sal in ’n wentelbaan geplaas word wat baie naby is aan ’n pool-tot-pool wentelbaan om die aarde.

Dié baan is so beplan dat die tuig altyd sonsondergange of sonopkomste sal ervaar, wat die moontlikheid verskraal dat sonlig die teleskoop se lensopening kan binnedring.

Die oogmerk is om te fokus op sterre waar eksoplanete reeds ontdek is, en meer van planete tussen die grootte van die aarde en die grootte van Neptunus te wete te kom.

ʼn Eksoplaneet is ʼn planeet wat om ʼn ander ster as die son wentel.

Bron: Europese Ruimteagentskap

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.