Elon Musk wil gou Mars-rotsmonsters terugbring

'n Uitbeelding van die landingstuig op Mars (Grafika: SpaceX)

‘n Uitbeelding van die landingstuig op Mars (Grafika: SpaceX)

SpaceX, die ruimtevaartmaatskappy van die Suid-Afrikaans-gebore Elon Musk, het aangekondig dat beplan word om ’n tuig in 2018 na Mars te stuur. Dié tuig sal rotsmonsters versamel en weer terugbring aarde toe waar dit in gevorderde laboratoriums vir tekens van lewe ondersoek kan word.

Algemeen is verwag dat die beplande reis eers vier jaar later sou plaasvind.

SpaceX voltooi binnekort die bouwerk aan ’n vuurpyl wat kragtig genoeg is om die reis mee aan te pak, die Falcon Heavy.

Die projek word in samewerking met NASA aangepak.

Lees meer: Gizmag, Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.