Die Europese Ruimte-agentskap het die kontrak vir die bou van ’n ruimtekapsule wat in 2022 na Jupiter sal vertrek, aan Airbus Defence & Space in Frankryk toegeken.
Die kontrak beloop €350,8 miljoen.
Die tuig sal, ná dit deur ‘n Ariana 5-vuurpyl gelanseer is, in 2030 by Jupiter en sy mane aankom.
Benewens Jupiter sal die mane Ganymede, Europa en Callisto ook ondersoek word. Wetenskaplikes meen dat al drie oseane van vloeibare water onder yskorste huisves. Die ondersoek sal kennis versamel oor die moontlikheid dat daar lewensvatbare omstandighede in die oseane kan bestaan.
Bron: ESA
Is daar nie dalk plek vir drie pasengers nie? Ek verstaan Zuma, Malema, Obama en die Pope soek n lift en sal by Mars af klim. Kom nou ouens, gee hulle n gap en red die wereld.