Die foto’s is geneem tydens die robottuig se laaste ontdekkingsreis in die planeet se Murray Buttes-streek van laer Mount Sharp, ʼn gebied wat nou al vir ʼn maand lank ondersoek word.
Die foto’s is op 8 September deur Curiosity geneem. Volgens Nasa sal die span binnekort verskeie groot kleurmosaïeke van die talle foto’s wat in hierdie deel van die planeet geneem is, saamstel.
“Curiosity se span is baie opgewonde om op hierdie reis te gaan deur ʼn stukkie Amerikaanse woestyn op die suidweste van Mars,” het Ashwin Vasavada, projekwetenskaplike, gesê.
Lees meer oor die sandduine in die foto’s.
Lyk soos ons planet. Wonderlik om te sien.
Baie cool!
Die temperatuur op Mars se ewenaar kan snags to minus 73 celcius daal.
Die geologie lyk nogal kompleks.
Ja, die sedimentêre lae laat my kopkrap!
Nogal interessant om te sien!
Die foto heel bo het n beeld van Faro se gesig! Dit het al bietjie verweer maar mens kan dit duidelik sien. Toemaar ek skerts net. Dit is altyd snaaks om te sien hoe mense se verbeelding op hol raak en die twak wat hulle dan soms kwyt raak.
Wow!
Baie dankie vir besonder interessante foto’s. Op hierdie wyse gaan Maroela Media gou ‘n sterk voet in die mediadeur kry.