Foto’s van Surveyor 1-maanlanding nou beskikbaar

Surveyor 1 op 2 Junie 1966 (Foto: Space.com)

Surveyor 1 op 2 Junie 1966 (Foto: Space.com)

Vyftig jaar ná Surveyor 1 op 2 Junie 1966 sag op die maan geland het, word duisende foto’s wat die tuig destyds geneem het, nou digitaal vir algemene verspreiding voorberei.

Die foto’s is tot dusver in filmformaat geberg, aangesien rekenaars destyds nog nie algemeen in gebruik was om dit daarop te stoor nie. Altesaam 93 000 foto’s van die sending is deur ʼn span uitgesoek en gedigitaliseer, en behoort binne enkele maande vir die algemene publiek beskikbaar te wees.

Surveyor was nie die eerste tuig wat sag op die maan geland het nie. Die USSR se Luna 9, het hom met ’n paar maande voorgespring. Surveyor 1 het egter waardevolle kennis vir toekomstige bemande maanlandings bygedra, soos die aard van die maan se oppervlak en die bedryf van langafstand-kommunikasie.

Bron: Space.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

gatiep ·

Weet nie heokom die USA dan so ver agter SA is dat die photos nou eers uitkom , ons het al vier baie lank computers in SA.

Johan 2 ·

40jaar lank as geheim gemerk. Dis ongelukkig hoe sommige argiewe werk.

Theuns ·

Dankie Herman. Ons leer alhoemeer van die heelal in korter termyne. Jare raak nou maande. Altyd intresant en baie beter as poltiek!

John ·

50 jaar en nooit weer nie! Hoekom nie? Waar op aarde is dit foto’s geneem? Hoekom wil die VSA op Mars gaan plak as hulle nog nie eers ‘n kaia op die maan kan bou nie?

cobusp ·

Moet asb nie dat die fotos in die hande van die man van die SABC beland nie hy sal dit sensuur en verban want dit is rassisties……………..die fotos is dan swart en wit…….

Eliza-beth ·

Waar is die klomp van nou die dag wat op die Elon Musk berig hul “slimmighede” kwytgeraak het. Ek hoop hulle lees en kyk mooi na die foto’s!

Abrie ·

Sagte landing.? Met lae gravitasiekrag en geen atmosfeer op die maan, moes daar woeste stof gewees het wat lank sou vat om weer onder gravitasiekrag terug te val na die maan se oppervlak. Waar is die stof op al die maanlanding fotos. Die vuurpyle wat vir die “sagte” landings stukrag mos gee sodat dit nie ‘n harde landing was nie, sou tog stof opskop of hoe? Fotos is wensdenkery van die VSA wat mense om die bos lei. Of hoe?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.