Die geheim oor ’n sein uit die ruimte wat so helder was dat dit deur die radioteleskoop van die Universiteit Ohio waargeneem is, is ná 40 jaar blykbaar opgeklaar.
Destyds het die sein so duidelik deurgekom dat die sterrekundige aan diens “Wow!” in die kantlyn van die uitdruk geskryf het.
Ongeveer al verklaring was dat die sein van ’n ruimtewese afkomstig was.
Dié sterrewag, ook bekend as “Big Ear,” het destyds juis na tekens van kommunikasie uit die buitenste ruimte gesoek.
Seine is veral teen 1 420 MHz gesoek omdat dit die elektromagnetiese frekwensie van waterstof is. Wetenskaplikes het tevore gemeen dis die waarskynlikste frekwensie waarop buiteruimtelike wesens sou kommunikeer.
Wetenskaplikes het verlede jaar die gedagte geopper dat ’n komeet dalk vir die uitsending verantwoordelik kon wees. Komete is met waterstof omhul. ’n Ondersoek het aan die lig gebring dat twee komete, 266/P Christensen en P/2008 Y2 (Gibbs), destyds op die regte plek in die ruimte was.
Die komete is eers ná 2006 ontdek.
Toetse het bevind dat 266/P Christensen, asook verskeie ander komete, inderdaad teen 1 420 MHz uitsaai.
Die bevindings is nou in die Journal of the Washington Academy of Sciences gepubliseer.
Ja dit is net weer die Amerikaners wat so goed kan wees!!!
Fassinerend, maar wat saai ‘n komeet uit? Of is dit bloot elektromagnetiese golwe wat dit uitstraal?
Propaganda
En wat sê die geheime boodskap? Haai daar!???
dit seg: “gee pad!”
Wil die slim mense dalk die boodskap met ons deel?
Ek sien die “vreemde wesens” gebruik toevallig ons alfabet!
Ai tog, ek soek juis die lotto se wen-nommers…
Ek neem aan jy maak ‘n grap oor die alphabet?
Hoed af vir die Amerikaners. So baie mense skiet Amerika af, sonder om te besef oor watter ongelooflike vermoens hulle beskik, en hoe groot en gevorderd die land en sy mense is.
VSA het geld vir navaorsing.
Hoe loop die gesegde? Leë blikke maak die hardste geraas. Ekt al menigte Amerikaners hier in die Kaap raakgeloop en met hulle gekuier, hulle is nie dom nie, nie vet nie en amper niks soos wat ons in die movies sien nie. Ongelukkig sien ons net die slegte van Amerika in die nuus, en nie die miljoene intelligente Amerikaners nie.
Net so Reinhardt. Amerikaners wat reis, besef daar bestaan ‘n groter wêreld as die VSA, en ander tale as Engels. Soos Sokrates ook probeer sê het: ‘n intelligente mens weet hoe min hy weet.
Die verklaring van die boodskap is as volg:
6 mense het die emosionele intellegensie toets (EQ) gedoen en 5 van die studente was van UJ (Universiteit van Johannesburg) af. Die uitslag van die toets is egter onbekend omdat die volledige sein verlore gegaan het.