Groot planne om aarde teen ruimtebotsing te beskerm

Kunstenaarsvoorstelling van 'n asteroïde wat die aarde tref

Kunstenaarsvoorstelling van ‘n asteroïde wat die aarde tref

“Daar is geen aanduiding dat die dinosourusse oor ’n ruimteprogram beskik het nie, en hulle het die prys daarvoor betaal.” Só sê die ruimtekommentator Bill Nye tong in die kies na aanleiding van verskerpte planne om die aarde teen ruimtebotings te beskerm.

Groot planne word beraam om 30 Junie as Asteroïddag te bevorder omdat die breë gemeenskap se steun nodig is om die mens se woonplek teen ’n katastrofale ruimtebotsing te beskerm. Die datum is gekies om die Tunguska-voorval te gedenk. Op 30 Junie 1908 het ’n ruimtevoorwerp bo die afgeleë Tunguska-gebied in Siberië ontplof en ’n gebied van bykans 2 000 vierkante kilometer platgeveeg.

Amateurs se hulp word benodig om te help om asteroïde te volg, sodat hul bane en moontlike bedreiging vir die aarde bepaal kan word. Hoe verder ’n ruimtevoorwerp waargeneem kan word wat die aarde gaan tref, hoe beter is die kanse om sy wentelbaan so te verander dat dit die aarde sal mis. Onder meer word beoog om in 2020 ’n tuig te lanseer om ’n asteroïed met sy eie maantjie te ondersoek. ’n Ploftoestel sal op die kleiner voorwerp afgevuur word om te bepaal met hoeveel die rots se koers daardeur verander sal word.

Bron: Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Harry ·

Wat prober hulle eindelik se. Daar is n asteroide wat oppad is.

Akram ·

Genugtig. Kan dit waar wees? waar gaan ons heen vlug? sal daar darm tyd wees om te vlug? hou maar duimvas dat dinge goed sal verloop.

Grotman ·

Bad news Boet! As die klip kom dan kom hy en daar is nerens om te hardloop nie. Bid net dat jy aan die anderkant van die aarde is op daai oomblik en dat hy nie op jou kop land nie. Skaf net vir ingeval jy oorleef die volgende items aan nml N helmet, 2 tjoopies vir jou arms en 1 groot een vir jou lyf, 4 x 2lt Cokes en 1lt Brandy…

Akram ·

Genugtig. Dit is die beste oorlewewings gids wat ek gesien het. ek sal net n sak braaihout, blits en paar tjops by sit. skuil dan onder n GROOT boom. lekker dag.

matie willemse ·

Volgens my wiskundige wetenskaplike berekening sal hy die stad Kaapstad tref, die presiese plek sal die parlementsgebou wees, moenie “worry”, hul steel dit nog voor dit die grond tref en sal die blaam op apartheid plaas, ha ha ha. Akram en Grotman skerp! dan sal ek jul raad volg.

Annatjie ·

Is dit nie dalk hoekom hulle die parlement pretoria toe wil skuif nie? Hulle het dit dalk geweet.

Realis ·

Die buitenste ruim is en was nog altyd fassinerend. Dit is egter nie die asteroiedes op pad aarde toe wat ons moet vrees nie Sou een ons tref is ons almal in elk geval poer des faktos.
Nee. Ons grootste bedreiging vir moeder aarde is gierigheid. “Greed” .
Daardeur gaan ons dieselfde vernietiging van ‘n asteroiede tegemoet met die verskil dat sommige van ons nog daar gaan wees as die stof gaan le het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.