Hadron-wetenskaplikes ontdek nog ‘n subatomiese partikel

Grafiese voorstel van die moontlike uitleg van die subatomiese partikel Foto: CERN

Grafiese voorstel van die moontlike uitleg van die subatomiese partikel Foto: CERN

In wat waarskynlik CERN se Large Hadron Collider (LHC) se grootste ontdekking ewenaar, het die wetenskaplikes daarop aanspraak gemaak dat hulle nog ’n subatomiese partikel, die pentakwark, ontdek het.

Die Hadron was voorheen die instelling wat ook die Higgs boson-subatomiese partikel gevind het.

Oor die bestaan van die pentakwark word reeds van die 1960’s af bespiegel, en verskeie pogings is die afgelope 50 jaar vergeefs aangewend om dit te vind.

Die jongste bevindings is aan die vaktydskrif, Physical Review Letters, vir publikasie voorgelê.

Die LHC is in Junie vanjaar opnuut in bedryf gestel nadat dit opgraderings ondergaan het. In die “stil” tydperk het verskeie wolhaarstories die ronde gedoen oor fenomenale ontdekkings wat gemaak is, waaronder een dat mini-gravitasiekolke geskep is wat die gevaar sou inhou om die aarde in te sluk.

Lees meer: ABCNews en Christian Science Monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

jacques ·

Hulle is besig om te krap waar hulle nie moet nie wat wil hulle maak met die dark matter as hulle dit gekry het.

Armando ·

Jacques, en nou dat ons foto’s van Pluto het, wat gaan ons daarmee maak? Is jy werklik so stompsinnig?

Johan 2 ·

Dankie Armando, toe die elektroniese motor die eerstekeer ontwerp en demonstreer is is die uitvinder uitgelag en het baie van sy fondse verloor omdat mense gevra het, wat wil hy daarmee maak.

Paul ·

Was jy of enigiemand wat jy ken al ooit in ‘n hospitaal vir ‘n skandering wat dalk hul lewens gered het?
Het jy al ooit ‘n GPS gebruik?
Wat van ‘n digitale kamera?
Bedank die teoretiese fisici soos hierdie daarvoor.

Dis maar drie voorbeelde van baie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.