Het Mars nog 3 miljoen jaar gelede lewe onderhou?

Die ligging van die meer teenoor waar Opportunity hom bevind Foto: Nasa

Die ligging van die meer teenoor waar Opportunity hom bevind Foto: Nasa

Normaalweg word aanvaar dat toestande op Mars 3,7 tot 3,8 miljard jaar gelede laas só was dat lopende water op die planeet sou kon bestaan het, en die planeet in beginsel oor lewe kon beskik het.

’n Nuwe studie wat pas in die joernaal, Geology, gepubliseer is, dui egter daarop dat die planeet tot so onlangs as 3,6 miljoen jaar gelede oor minstens een meer met effens souterige water beskik het. Vandag is daar net soutafsettings. Die soutafsetting waarop die wetenskaplikes gefokus het, het aan die lig gebring dat minstens een meer 3,6 miljoen jaar gelede nog water gehou het en sowat 175 meter diep was. Die oppervlak was ongeveer 30 vierkante kilometer groot.

Die ligging van hierdie eertydse meer is naby die plek waar die Opportunity-Marskarretjie nog doenig is.

Lees meer: CBS News en
Astronomy.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Rooiman ·

Baie interessant, behalwe dat die skepping net 6 000 jaar oud is. Voorstanders van die sg. “Evolusieteorie” hou nie rekening met ons almagtige God wat, volgens Ex. 20:11, alles geskape het, nie. Asook die nie met die Bybelse tydlyn wat wys dat alles 6 000 jaar gelede gebeur het, nie

http://creation.com/age-of-the-time-dilated-universe

Leon ·

Ek stem saam, Rooiman.
Daar is GEEN wetenskaplike bewyse vir hoe oud die aarde en heelal is nie. Selfs die metodes wat gebruik word om die ouderdom te toets is verdag en heeltemal onakkuraat. Oorsprong-wetenskap vereis ‘n getuie en slegs die Almagtige was daar toe alles gemaak was. Die aarde en dus die heelal is maar ongeveer 6000 jaar oud. Daar is meer genoegsame bewyse hiervan in die natuur.

Johan 2 ·

Hahahaha…….julle maak dit dan ook onmoontlik v enige iemand met n verstand om in God te glo. Ek dink Hy is groot genoeg om n heelal vol lewe en iets so wonderliks wat miljoene jare oud is te skep….dwaal julle maar rustig voort met jul primitiewe god.

Herman Toerien ·

Ek self gebruik die formele uitgangspunte van die susterkerke, wat aanvaaar dat die skepping veel, veel ouer is. Hoewel geen aanhanger van die Christian Science-kerk nie, is dit tog opvallend dat hierdie kerk ook die wetenskaplik-bepaalde ouderdom van die skepping aanvaar.
Die konsep dat die skepping 6 000 jaar oud is, kom oorspronklik van die berekenings van ‘n Ierse biskop. Volgens mense wat presies dieselfde som oorgedoen het (30 jaar gemiddeld tussen geslagte) werk dit egter op iets meer as 4 000 jaar oud uit.. Ek self is nie goed genoeg met wiskunde om dit eens te probeer uitwerk nie.
‘n Paar jaar gelede het Die Kerkblad (van die GKSA) ‘n rtikel van my gepubliseer, Die Bybel, ‘n boek duisend. In kort het dit gehandel oor die simbloliese plek wat die getal duisend in die Bybel het. Die oorspronklike Israeliete het nie die konsep van ‘n lewe na die dood geken nie (dit het nog in die Sadduseurs voortgeleef). Vir hulle het die wegbly van sonde ‘n langer lewe as beloning beteken (dat jou dae verleng sal word). Met die terugskryf van ‘n stamregister van mense uit ‘n era lank voor skrif bestaan het, is waarskynlik na die oorgelewerde eienskappe van die mense gekyk. Hoe beter hy geleef het, hoe nader het hy aan duisend jaar geword. Henog, die volmaakte, het nie gesterf nie. (Die duisend was simbolies vir die oneindige – soos die “tienduisende” wat met die banvloek getref is, maar die dorpie het net ‘n paar honderd inwoners kon huisves).

Johan 2 ·

Hahahaha…en het julle geweet die enigste manier om iets uit te werk is deur dit te tel uit n geskrewe geslags register en dat die aarde plat is met n koepel daaroor die son maan en sterre hang dan ook aan daardie koepel…waaaw….ape!

Johan 2 ·

Leon jy lees n klomp twak. Net omdat n teorie baie ingewikkeld is beteken nie dat dit nie waar is nie. Indien jy nie iets verstaan nie beteken net dat jy meer navorsing moet doen nie dat jy n geestelikke boek moet gryp (misbruik) en die eerste beste antwoord daarin moet soek nie. Wanneer gaan julle nou klaar wees met julle kinder geloof en julle soos grootmense gedra? My punt is dat julle God probeer beperk in sy skepping met n eenvoudige antwoord soos dat die skepping 6000jaar oud is. Evuliesie is nie teenstrydig met die Bybel nie, solank jy nie Bybel misbruik vir n wetenskap boek nie.

Johan 2 ·

So hoe oud is God dan volgens julle? 6000 jaar en 6dae? NEE, hy is nie gebind aan tyd nie, hy was nog ALTYD daar, maar wat het hy dan gedoen….hy het geskep (!) N heelal vol wonderlikke goed wat ons kan verken, miljoene jaar lank. Hy het wonderlikke stelsels soos evuliesie geskep. Hier is n berig wat vertel van n ou wereld wat (God) geskep het, kompleet met n meer en al..en julle sê nee dis nie moontlik nie want God is net 6000 (en 6 dae) al besig om te skep. Besef julle hoe dit klink? Kan julle nie julself hoor nie! Jul misbruik n boek wat ons van God vertel as n geskiedenis boek net om te “bewys” God bestaan net 6000 (en 6dae) en daarom kon Hy nie iets voor dit geskep het nie…kom asb by mense, jul probeer ons geloof belaglik maak.

Johan 2 ·

Daar kort n paar hoofletter “H”s, jammer…het dit bietjie Haastig getik op n vlug.

neelsie ·

Hierdie is n sinnelose rondgooi van argumente wat jou later net in n strik laat trap waaroor jy later spyt kan wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.