Iemand wat op die maan wil gaan woon, of selfs net daar wil gaan vakansie hou, gaan volop te doen hê en enigiets van baie hoë berge tot diep kraters en selfs spelonke kan besoek, maar gevare skuil om elke hoek en draai.
So sê Rick Elphic, projekwetenskaplike van Nasa se Ladee-projek. Die maan en sy baie uiters flou atmosfeer is tydens dié projek baie intensief ondersoek. Die dagtemperatuur is in die orde van 123°C, en dié dae is 14 aarddae lank en die nagtemperature daal tot -233°C.
Ironies is die beste plek om ’n basis op te rig digby een van die pole, waar die sonstrale permanent skrams skyn. Die gemiddelde temperatuur daar is ongeveer nul grade. Hier kan dalk aansienlike voorrade waterys teenwoordig wees.
Daar is geen nut aan weersvoorspellings nie, maar die oog sal beslis op ruimteweer gehou moet word. Meteore, so groot soos gholfballe, kan groot skade aanrig juis omdat daar geen beduidende atmosfeer op die maan is nie.
Seismiese toerusting op die maan het ook reeds maanbewings van sowat 5,5 op die Richttersaal waargeneem – sterk genoeg om strukturele skade aan geboue aan te rig.
Die maan se swaartekrag is maar net ’n sesde van dié op aarde, wat ook die beoefening van sport baie moeilik sal maak.
Lees gerus die volledige verslag in Space.com.
Ons sal dit heel waarskynlik maar ernstig moet oorweeg om maan toe te trek as Afrikaanse webblaaie voortgaan om mense soos Thys Human se bydraes te verwyder en sodoende verhoed dat Afrikaanse mense ingelig word aangaande die ware stand van sake.