Hollywood-ontwerpte ruimtepakke vir Space X

Jose Fernandez, besig met die ontwerp van 'n Batman-pak Foto: Jose Fernandez / Ironhead Studio

Jose Fernandez, besig met die ontwerp van ‘n Batman-pak Foto: Jose Fernandez / Ironhead Studio

Jose Fernandez, die ontwerper van die spesiale Batman-pakke vir flieks, is deur Elon Musk, grootbaas van Space X, genader om te help om byderwetse ruimtepakke te ontwerp.

Fernendez is ook die ontwerper van Iron Man en Captain America se uitrustings.

Musk se ideaal is dat sy firma se ruimtepakke goed moet lyk en funksioneel moet wees. Space X se ingenieurs is nou besig om die ontwerpte pakke funksioneel te maak, in ’n proses wat as omgekeerde ingenieurswese bekend staan.

Verskillende soorte pakke word vir verskillende omstandighede vereis. Met Musk se planne om binne die afsienbare toekoms deel te wees van bemande Marssendings, moet ruimtepakke ontwerp word wat by Mars se groter swaartekrag aangepas is, en sal verskil van dit wat vir die maan benodig word. Op Mars word groter buigsaamheid vir die bene verlang om die ruimtemanne in staat te stel om rotse op te tel.

Lees meer: International Business Times en Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.