Wetenskaplikes wat die Curiosity-tuig op Mars beheer, het die boustene van lewe in monsters gevind wat op Mars geneem is. Organiese stof is in verskeie voorbeelde wat die wetenskaplikes ondersoek het aangetref.
“Bly ingeskakel vir nuus,” aldus Ashwin Vasavada, geofisikus by JPL.
Curiosity ondersoek nou die laer dele van Mount Sharp.
Onder die jongste ontdekkings is die gekonsentreerde voorkoms van silika, in ’n neerslagvorm wat op aarde gewoonlik met water geassosieer word. Silika kom gewoonlik in die vorm van kwarts voor.
Van die silika het in die mineraal Tridimite voorgekom wat baie skaars op aarde is. Dit is nog nie voorheen op Mars waargeneem nie.
Nou-ja ons sal dophou; Herman jy moet ons op hoogte van sake hou asb!
Ek kan nie wag dat ons meer nuus kry nie. Enige lewe, maak nie saak hoe klein en nietig nie, is ongelooflik om te vind buite ons aarde. Dit bewys net dat daar ontelbare plekke in ons sonnestelsel allenig is wat lewe in die een of ander vorm het. Ons moet dit net kry. Hierdie is die eerste baba treetjies na nog baie groot ontdekkings.
As ‘n mens die gegewe skakels aktiveer vir meer agtergrond is daar meer vrae as antwoorde.