Op 24 April vanjaar sal dit presies 25 jaar wees sedert die Hubble-ruimteleskoop na sy wentelbaan meer as 600 kilometer bo die aardoppervlak gelanseer is. Die teleskoop was ontwerp om 15 jaar lank diensbaar te wees.
Die teleskoop van $1,5 miljard is gou erg gekritiseer toe dit blyk dat daar foute in die kalibrasie van die teleskoop se spieël was. Hierdie foute was nie naby die sentrum van die spieël nie, en beelde van galaksies meer as 100 000 ligjare van die aarde af is na die aarde teruggesein.
Drie jaar ná sy lansering is die spieël ook reggestel. Vandag is die mees asemrowende beelde uit die ruimte, wat deur Hubble geneem is, alledaags in omloop, en word dit as een van die suksesvolste wetenskaplike projekte ooit beskou.
Die Hubble-ruimteteleskoop se opvolger, die James Webb-ruimteteleskoop, is nog onder konstruksie, en sal in 2018 gelanseer word. Hoewel dit ’n nuwe generasie-teleskoop is, word dit beskryf as ’n teleskoop wat eerder die werk van Hubble sal aanvul as vervang.
Een van NASA se kenmeerke die uitste hoe kwaliteit produkte. Hulle spandeer miljarde dollars daaraan. Selfs die rovers wat op mars is gaan ver verby hulle inisieele dienstydperk.