Hubble ‘sien’ gravitasiekolk ontstaan

Die een oomblik is die ster daar, dan is hy weg (Nasa en ESA)

Die Hubble-ruimteteleskoop het waargeneem hoe ʼn massiewe ster 22 miljoen ligjare van die aarde uitbrand en ’n gravitasiekolk vorm sonder dat ’n supernova eens gevorm het.

’n Supernova is wanneer die gas wat nog oorbly saam met ander puin die ruimte ingeskiet word waar dit duisende jare kan bly.

In hierdie geval, wat betreklik skaars is, het die gravitasiekolk gou oorgeneem en die verspreiding van die materiaal gestuit, en begin insuig. Dit staan as ’n mislukte supernova bekend.

Die oorspronklike ster was sigbaar vir Hubble, maar dit het in ’n oomblik verdof, wat aandui dat die gravitasiekolk daarvoor verantwoordelik was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leon van Rensburg ·

Hallo Herman, soos ek destyds aan jou genoem het was ek lief vir astronomie, my oorlede pa het myle ver gery om die dorpsligte vermy.
Weet jy dalk wat die tydsverloop in hierdie geval was en of daar dalk enige gevaartekens was met aanloop tot hierdie insident, was dit ‘n blou reus om ‘n gewone ster? Was daar enige tekens dat hierdie sou kon gebeur of was hierdie ster van so ‘n aard dat daar nie regtig aandag aan hom gegee is nie.
Ek geniet jou skrywes geweldig.
Baie groete, Leon.

En my vriend, baie sterkte met jou gesondheid, jy is steeds in ons se bede!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.