Impakglas op Mars kan “bril” na antieke lewe wees

Impakglas wat in die Algakrater op Mars gefotografeer is.

Impakglas wat in die Algakrater op Mars gefotografeer is.

Wetenskaplikes se ontdekking van impakglas in ’n aantal baie ou, maar goed-bewaarde kraters op Mars open die moontlikheid dat spore van lewe daarin gevind kan word – mits daar lewe bestaan het toe die impakte plaasgevind het.

Tekens van organiese materiaal en plantreste is in impakglas gevind wat uit Argentinië kom. Dit word bio-handtekeninge genoem. Impakglas vorm in die ontsettende hitte wat volg op ’n ruimteliggaam se botsing met ’n planeet.

Die navorsers moes eers ’n metode ontwikkel om impakglas op Mars te kan identifiseer, aangesien impakglas nie werklik uitstaan nie en ander rotse tussenin neig om die tekens van die teenwoordigheid daarvan te verdwerg.

Hulle het nou foto’s wat deur die Mars Reconnaissance Orbiter geneem is gebruik om die impakglas te identifiseer.

Bron: Astronomy.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.