Indië lanseer satelliet van meer as drie ton

Foto: Pixabay

Indië het daarin geslaag om ʼn reuse-satelliet van meer as drie ton te lanseer.

ʼn Vuurpyl met die bynaam van Fat Boy, die sterkste waaroor Indië beskik, is gebruik om die satelliet, ʼn GSAT-19, te lanseer.

Indië hoop om met dié vermoë ’n groter deel van die wêreldmark van $300 miljard vir die lansering van satelliete los te slaan.

Die VSA, Rusland, die Europese Ruimte-agentskap, China en Japan beskik reeds oor die vermoë om satelliete van meer as drie ton te lanseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.