Internasionale Ruimtestasie: 100 000 keer om die aarde

Internasionale Ruimtestasie (Foto: NASA via Wikimedia)

Internasionale Ruimtestasie (Foto: NASA via Wikimedia)

Die Internasionale Ruimtestasie het ’n ongelooflike 4,25 miljard kilometer afgelê tydens sy 100 000 omwentelings om die aarde wat Maandag voltooi is.

Dit is byna so ver soos wat Neptunus van die aarde is, en gelykstaande aan tien reise na Mars en terug.

Die ruimtestasie is stuk-stuk die ruimte ingeneem en aanmekaar gesit. Die eerste komponent is op 20 November 1998 gelanseer. Dit wentel net minder as 400 kilometer bo die aarde, teen ’n snelheid van 27 600 km/h.

Sedert 2000 word die ruimtestasie met sy ruimte so groot soos ’n vyf-slaapkamerhuis permanent bewoon. Sowat 220 mense het dit die afgelope 15 jaar besoek, waaronder ’n handjievol ruimtetoeriste wat hul eie koste gedra het.

Meer as 1 900 eksperimente is reeds aan boord uitgevoer.

Die ruimtestasie is geskeduleer om in 2024 uit diens gestel te word, maar daar word aan planne gewerk om dit tot 2028 te verleng. Wanneer die einde aanbreek sal dit oor ‘n verlate deel van die oseaan na die aarde terugval, en die grootste deel sal in die atmosfeer uitbrand.

Lees meer: Space.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hendrik ·

Dit sal nogal interresant wees om die stasie mars toe te stuur. Sit dit in ‘ n wentelbaan om mars. Ek weet die stasie wentel se laag om die aarde om die bemanning te beskerm teen bestraling. Hulle moet miskien net ‘n paar beskermde eenhede aanbou om die bemanning te beskerm. Hulle het ‘n basis. Gebruik dit. Vervang die son panele met beter panelle wat die versnelling kan hanteer of vou hulle in vir die inisieele versnelling om uit dy wentelbaan te kry. Nasa is eintlik baie stadig om te verander en dit is waar ouens soos spacex so gou vorder.

Nicocele ·

Hoekom hou NASA nie net op met hul leuens nie, as hy gaan terugval aarde toe hoe weet hul wanneer hy die see gaan tref die aarde draai mos glo, die aarde is plat, gaan kyk al die feite moenie altyd glo wat die skool en NASA vertel nie. Gaan kykook na NASA se logo, wat spel dit? SATAN. Gaan lees Bybel God verduidelik duidelik hoe die aarde op 4 pilare staan en Hy die hele aarde v hemel kan sien, dink jul Hy kan die aarde aan die ander kant van ‘n bal sien?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.